file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 5 months ago #10906 by Ansa_S
More julle almal,

Is bly julle het lekker gekuier, was sommer lekker jaloers gewees!

Ek hou al my duime en tone vas vir Paisley!!!

AFM: AF nogsteeds mia....het nie weer getoets nie. Het gister met dokter gepraat, hy se ek moet wag tot maandag, as daar dan nog niks is nie sal ons toets, anders kry ons dalk net weer 'n lae positief kry.

Ek dink dis maar weer net soos die vorige 2 kere. Wag maar vir AF sodat ek kan begin met die clomid.

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10905 by marie r
Ek's bly dit gaan goed met Paisley. Dink & bid so vreeslik vir hulle. Hoop rerig die keer werk dit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10899 by Lia
Marie, Paisley was gister by oom Strikdas, daar is weer mooi 3 eiertjies. Hulle doen die inseminasie Donderdag. Gaan baie goed. Ons moet nou net bid dat dit vat hierdie keer.

Ek is jammer girls, ek tel nie meer my dae nie, ek sal weer begin wanneer ek my toets uitslae kry.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10897 by klippie
More dames!

Ai, ek is so spyt ek het die kuier gemis - het so ewe my naels gefrench dat julle meer van my moes hou!

Ek voel al van Maandag goor - siekerig met verkoue of griep, ek noem dit sommer apiesiekte. Was maar heeltyd in die bed! Gaan net gou paar goedjies klaarmaak by die werk en dan kooi toe!
Vertel asb alles van die kuier.....
Julle moet 'n lekker dag hê.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10896 by Lia
More more dames, hoop julle het 'n lieflike vakansie dag gehad.

Dames, dankie vir die koffie afspraak, het baie lekker saam julle gekuier. Paisley en Ankia, dit was great om julle in lewende lywe te ontmoet. Klippie, waar was jy? Ons het jou gemis.

Charlaine, waar is jy dame? Wat gebeur?

Ansa, het jy dalk weer getoets? Het jy met jou dokter gepraat? Wat se hy?

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10887 by marie r
Môre aan julle lieflike dames. Hoop julle het 'n lekker rustige vakansiedag gehad.

Hoe was die kuiertjie in Menlyn toe gewees. Ek's so jaloers, sou graag ook daar wou wees.

Hoe gaan dit met Paisley?

Lekker dag verder vir almal

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10734 by G Baby
Hi morgan,geluk met daai t-shirt!!! EK het ok nog nooit iets gewen nie.....

Jy moet die shopping geniet en die koffie drinkery-s? hallo vir almal-wens ek kon julle join.
Ek het lekker pajamas by die jockey winkel gekry-is maar bietjie duur gewees,maar ek kan dit weer gebruik.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account