file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 3 months ago #63226 by Kriek
Driekie so bly jou kleinding is af van die bottel af, daai taktiek van net babatjies doen dit werk nogals baie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #63224 by Strik*kie
O aarde Driekie, nee so lank dink ek nie een van ons kan wag nie - 3 mnde sjoe. :lol:

Ag is bly hy is af van bottie af. Hy din seker dis uncool vir 'n "man" om bottie te drink :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #63223 by Kriek
Julle, ek is so gefrustreerd vandag, my emails is heeltemal beneek, ek kan stuur, maar niks ontvang nie !!!! en dan het ek nog die frustrasie as ek klere wil koop, of ek moet nou super maer raak, of ekstra vet, want dis net die heel klein sizes en heel groot sizes wat in oorvloed beskikbaar is. Soek nou al vir 2 maande n swart langbroek, was gou by Jet in (gaan nooit soontoe nie, want die plek frustreer my) en gelukkig toe kry ek een daar, het myself darem n paar honderd rand gespaar deur daar een te koop.
Marie, hoop Eduan word gou beter, Divan het net so snot neus aan hom, so nou moet hy maar neubilise by die skool die heel week, dit help darem en ek het hom op homeopatiese sinus medikasie ook, ek doen nie meer die antibiotika ding tensy dit regtig noodsaaklik is nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #63216 by Driekie
Ja nee Ankies dan kan jy nog so rukkie wag met hom - ek was net so geskok want ek het nie gedink hy sou byt aan die idee nie maar ek is soooooo dankbaar hy het want dit was n groot kopseer met die dat dit sy tandjies ook geaffekteer het!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #63214 by sexy~hexy
:D Driekie, goeie manier om hom van bottel te kry!!

Ons het Saterdag vir Jayden gese hy kan nie meer voor by mamma sit as ons dorp toe ry nie, want daar is nou 'n baba in my maag (gelukkig verstaan hy want ons het met my boetie se baba vir hom so verduidelik), toe hak hy af en se "mamma het 'n sussie-baba in haar magie" :blink:

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #63212 by Driekie
Nogals ne Striks - hahaha as ek op my langste ene moet werk kan ek 3maande se vakansie in rus en vrede hou :laugh:

Nee wat dis hoekom ek gese het vanoggend ek wag tot die 13de Julie - want dan behoort ek tussen 3 en 5dae laat te wees en nog lekkerder - my pa verjaar daai dag dan kan ek netsowel wag tot ons daai naweek van die 17de deurgaan na hulle toe (my nefie trou dan)!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #63206 by Goggatjies
Dit is nice drixter - William drink nog twee bottels 'n dag en het nou begin se hy soek sy tietie.
Maar william eet nie, so ek wil nie te gou sy bottel weg vat nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account