file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 3 months ago #60705 by Ansa_S
Hallo Driekie, ek weet net van die brief en het dit gelees maar die storie rondom dit weet ek nie, het ook nie lus om op te vang nie so jy kan met my chat!

Genade 'n vrou is darem maar 'n snaakse ding. Ek wil bieg hoop jul verstaan....

Is soooo ongelooflik bly vir Hexy en Cornel en ek verstaan Cornel se situasie so goed omdat ek ook deur 2 miskrame al is. So ek is ongelooflik bly. Ek het nog nie een dag gehuil na my 2de miskraam omdat ek nog nie swanger is nie, wel oor siklus wat weg was, maar vanoggend na Cornel se goeie nuus toe bars my seer oop en ek tjank sonder ophou.

Het dadelik na haar man se brief gelees het kamer toe gegaan en in my bed geklim, die Bybel gevat en gelees. En toe doen ek 'n gebed vir almal van julle wat al swanger is, die vrese wat daarmee saamgaan en ek bid toe vir ons almal wat elke oggend wakker word met 'n behoefte aan 'n verbondskindjie.

Het gelees van die Heilige Gees, dat ons eer ware Christene kan wees as die Heilige Gees in ons woon, ek het gevra dat God die Heilige Gees na elkeen van ons opnuut sal stuur en ons moederskote sal seen en ons baarmoeders sal seen en regmaak sodat God sy verbondkindertjies aan ons kan skenk en toevertrou om hulle volgens sy Wet op te voed en groot te maak!

So nou voel ek sommer beter!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60701 by Slakkie
whaaahaaa Lalie ek moet daai enetjie onthou ek gaan dit ok vir my DH tune!!! Hy het juis met die SA so gemoan oordat hy in 'n koppie moes skommel!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60697 by Laliek
Driekie man moenie wolly nie, dis nie asof arme Cornel se man nou inlog en kom chat oor sy ttc journey nie lol.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60694 by Laliek
Strikkie ek het vir my man gese ons betaal al die geld sodat ek vol hormones en moody kan wees en hy draad kan trek lol!

Ag wat, op einde Slakkie as ons daai BFP kry is dit maar nogsteeds alles die moeite werd ne!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60692 by Slakkie
Driekie seriously ek het absoluut geen hard feelings nie inteendeel het ek ook gevoel of ek 'n traan wou pik toe ek die reply gaan lees het

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60686 by Driekie
Thanks Strik! ;) Sal so maak..

Oke laat ek voor begin:


Dagse dagse almal!!!!

Baie baie geluk Cornel!!!!!!
Bly om te sien en te hoor dit gan so goed met almal!!!

Eks so springlwendig en gesond as kan kom....maar voel weer soos supercow vandag - verskoon as ek so stil is en ek voel regtig sleg oor daai brief-ding (sorry julle). :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #60684 by Slakkie
en daar verstik almal weer aan hulle tonge terwyl hulle my ore van my kop af praat :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account