file January 2010 mommies

16 years 5 months ago #47029 by Juanita
Replied by Juanita on topic Re:January 2010 mommies
Weer lekker om Afrikaans te chat vir 'n verandering!! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #47026 by Juanita
Replied by Juanita on topic Re:January 2010 mommies
Die eerste keer toe ons vir Leandi wortels geggee het, het sy baie hardlywig geword. Vir 3 dae nie gebollie nie, moes toe 'n supository insit. Nou try ek en dagmoeder dit weer maar hierdie keer sit ons bietjie aartapel by en ons hou haar magie dop.

My man was ook nie baie impressed met die macaroni gisteraand nie, maar hy bevraagteken nie my "parenting skills" nie, hy weet van beter! :laugh: Nie weer lus om te kom werk met 'n blou oog nie :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #46992 by Mommy2be
Replied by Mommy2be on topic Re:January 2010 mommies
Ag Juanita, vergewe my, ek is sleep deprived en my kop dink nie reg nie! Ek weet nie of ek so braaf is om nou al vir hom allerhande kos te gee nie en BF is ook so vol kak, hy weier dat ek hom enige iets gee voor 6 maande want hy doen als by the book! Ek gaan hom skelm maar gee en die goed wegsteek. Ek het hoeka vir Logan nou pampoen en boontjies en wortels gekook so ek gaan biekie pampoen liquidise en dit try vir hom gee! Saam 5 slaap pille en tande medisyne :laugh: Miskien slaap hy deur lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #46973 by lollipop
Replied by lollipop on topic Re:January 2010 mommies
Vra dit?

Ek sou ook op my bitch besem geklim het, is niks lekker om te sukkel met 'n geyser nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #46960 by Juanita
Replied by Juanita on topic Re:January 2010 mommies
Lolli, hoekom moet mens altyd rant en rave voor iets gedoen word?? Ekt die mense met die geyser donderdag gebel en gesê die ding bly ons krag trip hulle moet dit kom regmaak. Vrydag oggend toe my man bel toe het die ou nie eers die call gelog nie. my absoluut net 'n v@k jou gegooi!! :angry: Ek was sooo debl@#sem in, my man moes net keer dat ek hom nie terug bel nie. Eventually toe kom hulle saterdag middag daar aan en die technician vra, waar lek die geyser?? LEK?? In die mean time het die stupid ding hom self gefix somehow.

M2B!!! SIES VIR JOU!!! Ons babetjies is op dieselfde dag gebore!! Leandi eet al vandat sy 17 weke oud is (4 maande) sy eet al meeste van die groentes, net nog nie peulgroentes soos boontjies of ertjies nie en ook nie blomkool en sulke gassy goed nie. Sy eet eintlik bitter min pap!! Miskien 2 keer 'n week, as sy lucky is. Ek hou daarvan om vir haar verskillende teksture ook te gee, dat sy nie gewoond raak aan net mush nie. sy het al oats geeet, weetbix en gisteraand het sy so paar stukkies macaroni geeet. My baba word defnitief nie volgens die boek groot gemaak nie!! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #46918 by Mommy2be
Replied by Mommy2be on topic Re:January 2010 mommies
Ek hoop ons gaan ook maar 'n rustige naweek he. Logan gaan na sy pa toe so ek is darm een kind minder vir die naweek en bewaar sy siel as hy my kind siek terug bring Sondag! Dan stop ek sommer al sy visitation rights oor hy onverantwoordelik is. Ek moet nou nou Woolies toe gaan hmmmm glad nie lus vir dit nie.
Dinsdae is altyd vir my so langdradig :S

Juanita, hoe oud is jou baby nou? Ek wil rerig begin om vir Bismarck kos te gee. Maar ek is so bang om te vroeg te begin. Hy eet al pap maar dis al.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #46909 by lollipop
Replied by lollipop on topic Re:January 2010 mommies
Wacky wine was lekker, was die eerste keer wat ek daar was en nogal 'n belewenis, maar 'n naweek is heeltemal te kort, daar is net te veel wynplase, ons het maar by 5 of 6 uitgekom...Die organiseering daarvan is baie goed gedoen Jy koop basies 'n paspoort by jou eerste wynkelder (R70 p/p) en dan kry jy 'n glas by en dan ry jy van kelder na kelder en proe, almal het natuurlik hulle eie stalletjies en attractions-Graham Beck het 'n swing band gehad en sushi (baie lekker)
Nee jong ek het maar ingegee en ons het saterdag eers gegaan, natuurlik eers 12 uur daar aangekom :angry:

LOL oor die toon.

Jems sê dat Troy het keelontsteking, maar sy is more weer terug.

Ek het nou net die huisdokter gebel, was in konsultasie wag nou dat hy terug bel. (ek voel bietjie soos 'n hypchondriac)

Vergeet om te vertel, my kar het toe vrydag weer met die immobiliser issue begin, terwyl ek regoorkant die kia garage was. toe stap ek na hulle toe en gaan praat met die salesman wat my gehelp het en vertel van die oproepe...hy vat toe die saak oor, hulle kyk toe net daar en dan na die kar, maar dit was toe nou nie iets wat hulle toe kon regmaak nie (fout lê iewers in die dash) toe reel hy dat ek gister die kar invat en ek het 'n courtesy kar gekry.
Dit is mos nou after sales service!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account