file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #145385 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
En hoe kan ek vergeet!!! Maré het gisteraand begin omrol! Ek draai hom op sy maag vir room smeer na sy bad en toe rol hy op sy rug! En toe doen ons dit sommer nog 3 keer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145368 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene ek wens so ons kon almal more saamkuier! Ons is net 8 van die 14 wat gaan kuier. Petro is in Kimberley en Nelita in Hermanus. Verder kan Annalize, Janine en Sarah nie kom nie. :dry: Ek begin eers Maart weer werk. En ek stoei nou al daarmee om Maré by ñ dagmamma te los! Anina en Gerne ek gaan dan vir 2 ekstra persone bespreek. Dan is daar vir Paulina en Regina plek. Geen probleem! Bly jul ontbyt was lekker Carmen! My pa-hulle is ook hier. Stiefma se huurder het selfmoord gepleeg en haar ma trek, nou moet sy kom uitsorteer en help. Ek sien baie uit na more! Ons gaan lekker kuier! Elaine maak ñ speletjie daarvan en laat hulle help! Oja Gerne, Maré het ook die manier om op die toilet te eet! Lol! Hoop ons kry dit afgeleer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145337 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek is super lui vandag. Moet die kinders se skoolgoed merk, more gaan ek nie veel tyd he vir dit nie.

Sien uit na more om julle almal te ontmoet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145303 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Het lekker saam my pa gaan ontbyt eet vanoggend!

Sien uit om julle almal te sien more!!

Lekker daggie xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145144 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal!

Elaine, jy is braaf om vir 2 jaar te wil borsvoed. Maar dit is darem die lekkerste ding ne.

Gerne, daar is in die Koester jou baba boek 'n manier om weer te begin borsvoed nadat jy opgehou het, so as jy regtig wil kan jy dit try. My niggie het my boek, ek sal haar vra daarvoor dan bring ek dit more saam. Dink jy Henko sal ok wees as Paulina help om hom na die speelplek toe te vat? Met al die maatjies sal hy dalk lus raak daarvoor? Dan hoef jy nie vir Regina te bring nie.

Stefan is nie ma vas deesdae nie, hy is PA vas. Dis net Pappa voor en agter, hy wil alles saam met Johan doen en ek mag hom skaars optel. As Johan in die omtrek is, steek hy net sy armpies uit en spring oor na hom toe. En as hy val of iets is ek nie goed genoeg nie, net pappa is... Ek was eers bietjie jaloers daarop, maar het gou besef dis beter so, dit maak dit makliker met Claudia en Stefan was vir so lank so verknog aan my dat dit oulik is dat pappa ook 'n beurt kry om die hero te wees. Hy praat vol sinne deesdae, net jammer dis in Chinees of een of ander ander taal, want ons kan nie kop of stert uitmaak van wat hy se nie. Maar dis te cute, he gesels vreeslik, en lees selfs vir homself uit sy boekies uit.

Christa, ek gaan dan maar vir Paulina saambring more, so as jy hulle wil laat weet dat daar nog iemand kom kan jy so maak. Maar ek is seker hulle sal nie 'n probleem he met een ekstra mens nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145141 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more julle. Wanneer begin julle weer werk? Ek moet vandag weer begin kook. Gaan nog moeilik wees die week, want lance se skool begin eers dond.

Carmen die uitspoeg van kossies is 'n reflex. Net soos suig 'n reflex is stoot hulle enige vreemde goed met hul tong uit die mond. As jy mooi kyk sal jy sien sy druk die pap met haar tong uit haar mond. Dis soos gerne se, op die stadium gaan dit nog meer oor die sensasie as om die maag vol te kry. Maar ja, daar beland verseker pap inni maag ook.

Elise ek stem saam met anina. Jy moet maar die lekkergoed los tot tenminste na 1. Hul spyvertering egin eers behoorlik ontwikkel na 6 maande.

As 'n baba begin eet moet jy net eksperimenteer met goed uit die grond uit! Maw groente en vrugte en dan nou die pappies. Ek kan nie wag om te begin nie. Maar gaan kyk of ek kan wag tot 6mde.

Julle moet lekker kuier, wens regtig ek was ook naby. Eks mal oor sulke ontmoetings!! Julle moet maar skinner van my.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145080 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi anina! Bly jy het n lekr vakansie gehad. Ek dink ook ek gaan vir Regina saam vat want Henko is nou so ma-vas - hy doen niks as ek nie sy hand vas hou nie en hy is maar vreeslik sku. So hy gaan heeltyd op my skoot sit as iemand hom nie speelplek toe vat nie!

Carmen, ek glo daar gaan bietjie in, maar nou is dit meer vir leer as ek regtig eet LOL. Een van die dae eet sy sonder om te mors

Ruben het nou net op die toilet gesit en eet ;). Hy eet en poef gelyk, moet hom gou skoon kry.

Christa - mens kan n groot verskil sien ne! Shoe.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account