file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #147023 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Helene, dis verskriklik van jou vriendin. Mag God haar troos, want net Hy kan.

Gerne, shame oor die geld man. Dis nie lekker om daai nulletjie in jou rekening te he nie. Ek was al baie op daai punt. Gelukkig gaan dinge deesdae bietjie beter met ons finansies.

Janine, Ilse is pragtig! En jou grappie is vrek snaaks!!! Dankie, dit het my dag gemaak.

Sarah, glad the vacs went alright. Claudia was very upset when she got hers and Stefan has to go on Monday. Don't know how he is going to react, he hasn't been for a while because his super mommy forgot all about vaccinations while i was pregnant :unsure:

Carmen, sterkte met daai detox!!! Dis nie vir sissies nie.

Gerne, ek is die perfekte voorbeeld van 'n proteien dieet wat werk :lol: omdat ek nie gluten eet nie, eet ek oor die algemeen min stysel so ek kan vir daai een vouch!

Ons doop Sondag vir Claudia en Johan het omtrent almal wat ons ken genooi. Dit gaan 'n aardige getalletjie mense by ons huis afgee vir die na die tyd kuier. Ons hou Chinse braai en ek hoop nie dit reen nie, want ek sal defnitief nie almal binne kan akkomodeer nie. Maar pappa wil die lady afshow so ek kry maar 'n ekstra bediende en dan probeer ons dit so glad as moontlik laat verloop.

Stefan se swemles vandag het soooo goed gegaan. Hy het 'n maatjie wat van vandag af saam met hom swem en die is net so 'n wille wragtig soos hy. Hulle het sommer onder die water geswem! Stefan geniet dit gate uit en dan skree hy blou moord as ons moet uitklim. Dis vir my ook lekker want ek swem saam met hom, dan kyk Paulina na Claudia. Dan kry ek bietjie kans om alleen saam met Stefan iets te doen waarvan hy hou. Dit voel partykeer asof ek hom so baie afskeep, maar nou het ons darem ons eie spesiale aktiwiteit.

Lekker aand almal, sal dalk weer later inloer as die kids besluit om soet te slaap.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #146950 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Janine, aai is so snaaks!! :woohoo:

Gaan goed hier, gaan maar "dun", maar nou ja, ekke moet deurdruk! :blink:

Gerne, aai, jammer om te hoor van die geld, gelukkig vir die kar se geldjies!

Ek hoop nie ek sukkel met my een maand s'n nie, ek is nie lus vir sulke stront nie....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #146864 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
Vaccinations went OK. Skye yelled with each injection but was fine afterwards and spat out the oral one lol! Nice clinic sister :)

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #146675 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello

Gister was n disaster. Ek het 3ure in die tou gesit net om te hoor my geld is nog nie betaal nie want 'hulle' is met leave. Flippit ek was briesend. Sy trek net heeltyd haar skouers op en se I don't know its pending. :(. Blykbaar is my eis van henko nog nie gesluit nie so hul kan nie R s'n betaal nie en die mense wat dit als moet dit is bietjie met leave.

Hopelik kom die kar se geld vroeg volg week in want ek is bankrot. Dan is ek weer skatryk! My kar was mos klaar betaal :)

Ek gaan vandag groceries koop. Begin maandag met n protein dieeet, was giister by die dr en sien baie uit om te begin! Tim gaan saam my dieet!

Janine - dis so waar dat mens ander kids se pyn voel as jy eers jou eie het.

Carmen, sterkte met die detox hoor!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #146672 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons moet darem bietjie lag ook...


POEP KOMPETISIE

Ouma & Oupa klim in die bed.

Oupa gee 'n harde poep.
Ouma vra:'Wat was dit?'

Oupa dink vinnig en sê : 'dis poeprugby...7 punte vir my!'

Paar minute later poep ouma en sê : 'n drie & 'n skop, 7 punte elk!'

Oupa gee so n sagte poepie en sê: 'strafskop vir my, 10 - 07'

Ouma laat loop ook met n ligte enetjie en sê: ' strafskop, 10 elk'

Direk daarna gee ouma nog een en sê : 'skepskop!' ek loop 13 - 10 voor..!!'

Oupa druk op sy hardste, verloor beheer en beskyt die bed.

Ouma vra : en dit?

Oupa sê: Dis halftyd, ons moet kante ruil'

:laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #146635 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Môre, môre!

Dankie julle, ek dink ook nogal Ilse is pragtig! ;) LOL Gerne, my man kry die horriepiep as hy hoor jy beplan nou al kiddies vir haar!

Ek't voor ek swanger geword het 'n stukkie gelees wat sê dat as jy eers 'n kind het en jy hoor of lees iets van 'n ander kindjie wat seer gekry het ens. jy altyd sal dink en wat as dit my kind was? Ek't dit natuurlik nie verstaan tot Ilse gebore is nie, maar dit is so. Ek't ook sommer begin huil as ek na haar kyk en dink aan die mamma wat haar babatjie verloor het. Wat is haar naam Helene? Voel vir my meer persoonlik om vir iemand op hulle naam te kan bid al ken mens haar nie.

Sterkte vir die detox en dieet Carmen, jy't die vorige keer so goed verloor!

Lekker daggie, hier's 'n dametjie wat roep... :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #146597 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Helene, ek het gisetr ook so gesit en dink hoe ongelooflik seer dit moet wees in jou hart as so iets moet gebeur! Julle weet waarvan ek praat, daai hartseer waar jou hart fisies pyn, my gebede gaan uit aan jou vriendin! Ek stem saam, jy sal by haar moet uitkom, sy wil dalk nou net by haarself wees, maar later gaan sy al die ondersteuning nodig he wat sy kan kry :(

Christa, ek gaan nou weer die Slender Wonder program volg, dit het laas baie goed vir my gewerk, ek het laas 25kg verloor. En dit baie lank afgehou, toe raak ek swanger ens. Ek is nou weer baie gemotiveerd!! Julle kan bietjie daaroor lees as julle wil.

www.slenderwonder.co.za

Die enigste nadeel is dat dit duur is, want jy drink baie vitamienes ens. maar dit werk verseker. Maar dit is 'n medies program en jy besoek elke keer 'n dokter vir jou afsprake.

My detox behels 3 dae van vrugte eet, water drink en dan drink jy 'n Liver, kidney en colon cleanser en baie vitamienes.

Ag ek hoop dit werk, wil nou 20kg verloor en klaarkry, maar ek weet dit gaan 'n moerse harde pad wees om weer te loop :(

Anyway, genoeg van dit!

Gaan vandag maar net by die huis wees, niks beplan nie!

Lekker daggie julle :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account