file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #146009 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle ek het vanand baie slegte nuus gekry. 'n baie goeie vriendin van my het vandag haar babatjie op 30weke verloor. Haar plasenta het geskeur. Als was nog fine vanogg en vanmidd het sy net begin pyne voel, toe sy by dr kom vir sonar was daar nie meer 'n hartklop nie. Hy is met 'n nood keiser verwyder.

My hart is vanand baie seer.

Die Here gee en hy neem. Dis buite ons hande. Hier is nou al 'n paar van ons wie se vriendinne babas verloor het. Mag die Here daai mammas elke dag styf vashou en bewaar.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145990 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Dankie vir die lekker kuier!! Christa dankie vir die geskenkies en vir al jou reelings. Jammer ek is so vinnig daar weg, Stefan het sy swemles BAIE geniet!! Dit was baie lekker om julle almal uiteindelik te ontmoet. Ons sal weer so moet maak.

Claudia is erg omgekrap na die inspuitings. Sy slaap darem nou, maar sy het vir die eerste keer vir my gewys sy kan skree en skree en skree tot mens raadop voel. Ek het maar vir haar bietjie panado gegee, net so 1,5 ml gemeng met krampwater. Ek dink dit het haar uitgeslaan. Hopelik keer sy vinnig terug na haar normale self, maar ek verwag dit gaan dalk 'n rowwe nag wees.

Lekker aand almal, hoop julle kleingoed slaap soet!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145974 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
O ja Helene, dankie vir jou geskenkie ook! Ralmarie was die gelukkige wenner!!

Het nou lekker gaan loop, gaan gou kos aanmekaarslaan, gaan sommer steak en chips wees, moet nog maar lekker vreet, want Donderdag is dit verby dan begin ek weer my Slebder Wonder dieet.

Lekker aandjie julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145966 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Erg jaloers!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145961 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, baie dankie vir die geskenkies. Dit was dierbaar van jou.
3 van my 4 het oppad huis toe geslaap. Madelaine sal nooit in die middae slaap nie al betaal jy haar, as sy wel slaap dan moet mens weet sy is siek.
Ek is nou so lui en is niks lus vir kos maak nie.
Het ook nou net gehoor dat my bediende nie more gaan inkom nie, sy is afgeboek, mangelontsteking.

Die kuier was baie lekker, ons kan regtig weer so maak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145957 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Die geskenkies was sommer my plesier! Dankie ek het net so lekker gekuier! Ons kan gerus weer so maak. Bly julle is almal veilig tuis! Anina hoop Stefan het sy 1ste swemles geniet! Maré kraai aanmekaar van die lag van ons tuis is. Ralmarie dankie vir die veilige reis! Hoop Zara kom gou huistoe! Helene, Petro, Janine, Annalize, Nelita en Sarah ons het julle gemis! Lorraine bly om jou te ontmoet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #145953 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja baie dankie Christa! Jy is te oulik. Ekt myne kla aan my sleutels gesit!

Ons het nou eers hier gestop. Het bietjie vir my boetie gaan kuier en toe traffic gevang :(

Dit was baie lekker om almal te ontmoet!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account