file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #142861 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons het heerlik by Ralmarie-hulle gekuier! Skoon van die tyd vergeet. Anina baie dankie vir die aanbod. Ongelukkig is dit hierdie maand uit. Die uitgawes is net te veel. Siestog, Stefan het hom seker yskoud geskrik toe Claudia so huil. Hoop nie sy het te seer gekry nie! Ag te lekker Nelita! Hermanus is vir my ñ mooi plek! My oom-hulle bly daar op Sandbaai. So ons het 3 ver mammas. Carmen ek tel maar in maande terwille van ander mense, maar hou persoonlik tred van die weke. Meeste mense sukkel om die weke konsep te verstaan. Veral mans, myne inkluis. Ek het die boek 'Sinvolle voeding' deur Megan Faure, Katherine Megaw en Dr Simon Strachan. Ek het dit deur Leserskring gekoop. Hier is ñ foto van André en Maré. Lekker aand!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142846 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee lyk my almal is lekker besig vandag.

My email is carmen.abraham@epiuse.com

Het lekker gekuier by 'n vriendin vandag en net lekker gesels en opgevang!

Gaan vanaand na vriende toe om daar te kuier.

More is wragtag oujaarsdag, kan dit nie glo nie!! :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142838 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
sjoe maar dis stil hier.....................

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago - 15 years 9 months ago #142792 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi
Jammer - skoon vergeet - ek sal ongelukkig nie saam kuier nie aangesien ons in Hermanus bly - dis 'n bietjie ver vir my. Ek is baie lief vir aardse kleure andersins blou.

Anina hy was eers op S26Gold maar wou elke 2.5 na 3 ure drink en het hom toe op Lactogen gesit waarop hy floreer aangesien dit mos vir honger babas is.

EK gaan soek vir daai artikel - maar dis definitief beter om met 'n lepel te probeer - ek stem ook saam met Anina - wag maar met die suiwel tot op 1 jaar. Ek het die oulikste boek gekoop wat kos vir babas en kleuters in het.

Maklike maaltye vir Babas & Kleuters - Deirdre Randall.

Ek het dit 'n ruk terug gescan as iemand dalk belangstel in 'n voorskou - mail my - nelitanel@yahoo.com

Lekker dag!

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142741 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Dankie vir die raad!

Nou gaan ek 'n baie stupid vraag vra :blush: maar hoe tel julle nou hulle ouderdom? Hou julle nou aan in weke tel of skakel ons nou oor na maande? En as jy tel, tel jy bv. as Riley die Vrydag gebore is, of tel mens nou op die datum die 22ste...ek weet dis seker baie stupid....

Gaan bietjie vandag by 'n vriendin kuier saam Riley, my man speel vandag en more golf!

Julle moet 'n heerlike daggie he, dis alweer so bedompig en warm hier :S

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142740 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, jy kom mos nou een van die dae jhb toe. As jy wil kan ek die boek vir jou koop dan gee jy my die geld terug die 11de. Ek kan net nie mooi onthou hoeveel dit gekos het nie en ek het die prys afgetrek sodat my man nie moet weet hoeveel ek gespend het nie. Ek dink dit was omtrent R120.

Stefan het vanoggend so lekker vir Claudia vertroetel en op haar kop gesoen, en toe raak hy opgewonde oor iets en klap haar kliphard oor die kop. Shame sy het vreeslik gehuil, toe huil Stefan sommer saam en se heeltyd eina eina.

Hy begin van vandag af bietjie met potty training, nog nie serious nie net om hom gewoond te maak aan die potty. Hy weier deesdae om n doek te dra, hy ruk die doek heeltyd af so ons wil kyk of ons hom nie dalk sover kan kry om nou en dan die potjie te gebruik nie.

Lekker kuier Christa en Ralmarie!! Ek sal weer later kom inloer.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142738 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more mammas! Mensig maar dit reën te heerlik hier by ons! Anina dankie vir die inligting! Ek is ook versigtig vir alergiee en het ook besluit om by die pediater se voorskrifte te hou. Ek sal bietjie vir die boek gaan soek. Ons naaste Exclusiv b6oks is in Jhb, tensy Potch een het. Ek sal maar Kalahari en so aan ook gaan kyk. My ou seuntjie lê te lekker in my arms en slaap. Ons gaan netnou by Ralmarie kuier, so ek gaan gou klaarmaak. Lekker dag vir julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account