file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #142644 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine ek dink dit sal enige mamma pla. Al wat ek kan voorstel is dat jy met jou dokter praat. Moontlik raak dit ligter met tyd. Daar is deesdae soveel prosedures om so iets te behandel. En dit kon soveel erger gewees het! Ek weet van ñ 3-jarige dogtertjie met ñ portwyn vlek oor die helfte van haar gesiggie. Dis ñ diep pers kleur.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142599 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek voel hartseer oor iets wat ek ontdek het van Nadia.
Sy was nog die hele tyd meer rooi van kleur as baba pienk, sy het nou mooi pienk begin word en sy tel ook nou lekker gewig op.
Maar met die dat haar velletjie nou ligter is, toe sien ek dat sy 'n taamlike groot geboorte merk op haar een been het, dit begin aan die binnekant van haar bo been tot onder haar knieg en weer op na die buitekenat van haar been.
Ek weet nie of dit ligter of donker gaan word soos sy groter word, maar dit pla my. Ek weet dit gaan haar pla vir die res van haar lewe en dit is op so sigbare plek.
Oorregeer ek net of is dit maar hoe 'n ma reageer oor so iets.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142585 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Nou waar is die Oktober mammies vanmore?! Dis heerlike sagte kaapse reenweer by ons. Dink ek moet bietjie stryk terwyl dit nie so warm is nie. SUG!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142524 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine Nadia lyk pragtig! Sterkte vir die stryk! Myne wag ook nog. Carmen bly die boodskap by die begrafnis was so besonders! Jammer oor jul verlies! Riley lyk nog so bitter klein en sy is mos al 2mnde oud. Anina ek is skoon jaloers op jou met jou man tuis! My man gaan moontlik Feb verlof vat, dan kan ons bietjie tyd saam spandeer. Kan nie wag nie! Dalk gaan ons so week Klein Kariba toe. Lekker! Hoop almal het ñ heerlike dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142500 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Skuus ek is so stil, my man is by die huis, so ons speel heeldag met die kids, dan kry ek nie tyd vir chat nie. En my niggie en 'n vriendin het vanmiddag sommer uit die bloute hier opgedaag, ek was nog in my nagklere (dis een van daai dae...) toe kuier hulle tot 6 uur!

Elise, eks bly jy kan die 11de kom, dit gaan lekker wees om almal te ontmoet.

Christa, wat voer jy in die mou? Hoekom wil jy almal se gunsteling kleure weet?

Carmen, dis darem bemoedigend as mens 'n goeie boodskap uit 'n begrafnis uit kry ne. Ons het aan die begin van die jaar 'n baie spesiale vriendin aan die dood afgestaan, dis nou haar man se eerste Kersfees gewees sonder haar. Haar dood het ons vriende groep erg geruk want sy was jonk en gesond en dit was baie skielik. Sy was die siel van ons groep. Ek het gesukkel om te besef dat sy werklik weg is en dit was moeilik om vrede te maak daarmee. Maar ek sal in my lewe nie haar begrafnis vergeet nie, die dominee het so 'n mooi boodskap gegee. En dit het ons almal krag gegee om aan te gaan.

Elaine, Nadia lyk pragtig in haar rokkie!! Sy is beeldskoon.

Nou ja, julle moet 'n great aand he, hopelik slaap al die babas deur!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142484 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
ek is net so bly hy het my af gegee ek kan nie wag vir die kuiertjie nie dit gaan awesome wees.

christa my kleur is pienk vandat ek n girlie het lol als is net te mooi in pienk en ek was nooit een vir pienk nie maar deesdae is ek mal daaroor. ja nee die kiddies is te cute en vreeslik op en wakker ditnk mos hulle is te groot vir slaap maar na n rukkie wen slaap tog op die ou einde lol

carmen ek is ook besig met wasgoed myne hang darem nou op die lyn was vreeslik lui die laaste week so ek het n helse lot gehad om te was en het gou skoon gemaak vanoggend nou moet ek nog net die huis se vloere was dan is ek kla en dan het ek nog kos op die stoof so ja

dit lyk of die weer alweer op steek hier by ons en ons is mal oor die reen net nie as die was goed buite hang nie lol

jis ek mis julle vreeslik maar met die wat manlief by die huis is dan is hy 90% van die tyd voor die laptop dan kry ek nie kans nie lol, o ja net om bietjie vir julle in te lig hy het vir my n nuwe laptop gekoop vir kersfees jipeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee

ek moet gou gaan piepie voor my girlie wakker word lol chat dalk nou nou weer as ek kansie kry mwah

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142457 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Goed om weer van jou te hoor Nelita!

Elise, ek is baie bly jou pa het jou afgegee op die 11de! :)

So dan is ons nog aan vir die 11de Jan om 11:00 by die Secret Garden Fourways?

Christa, is Mare wraggies al 7 kilo's?? Riley gaan eers weer die 17de Jan vir haar weeg ens. Ek wonder regtig wat weeg sy nou?? En hoeveel langer sy geword het??

Was by begrafnis vanoggend, my pa se beste vriend is laas week oorlede aan kanker. Dit was 'n baie mooi diens, het gegaan oor tyd en wat jy met jou tyd op aarde doen, het mens weer bietjie laat dink oor jou lewe...

Julle ek vrek van die hitte!!!

Lekker middag, ek was wasgoed!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account