file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #122428 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, hoe gaan dit daar by jou?

Die kleingoed hou mens lekker besig ne.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122425 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina nou waar is die fotos van die muur?
En ek hoop dis nesting energie daai van jou.

Gerne, ja dis sleg van jou hare, veral as jy hul genoeg betaal om dit reg te doen. En Potch is ver..... tensy jy kom kuier.

Elise daai klink na 'n bargain. Wens ek was nader.

Patro dit klink my jy geniet daai lyfie. Dis sooo lekkerr.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122410 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, my haarkapper is wel aan die ander kant van pta as jy, maar haar pryse is so redelik dat ek van jhb af na haar toe ry! En sy is goed. Se as jy haar nommer soek, of kyk op fb vir scissior hands se groep, dis haar salon se naam.

Ralmarie, lekker om van jou te hoor! Hoop dit gaan goed met al 5 jou kids! En ek stem saam oor die melk, blikmelk is duur, ons bly maar solank as moontlik daarvan af weg.

Petro, daai ticker is baie mooi!! Lekker scrapbook speel hoor!

Ek het nou net die kids se kamer klaar geverf. Ek hanna hanna nou al vir weke lank, het Sondag die seediere geverf en toe besluit ek vanoggend dit kort nog iets. Nou is dit stunning! Ek dink dis seker maar nesting energie, want ek is bedrywig vandag, bak beskuit, verf kamer en nou gaan ons gou game toe om onself te bederf met ons gift vouchers wat ons gekry het toe ons Saterdag nuwe kontrakte uitgeneem het.

Elise, sterkte met die dooprok soek, daar is so baie mooies mens sukkel om te kies. Claudia word in my dooprok gedoop, alby my sussies se dogtertjies is ook daarin gedoop so dis 'n lekker tradisie. Stefan was weer in my boetie se gebreide doop pakkie gedoop. Ek is baie old school met sulke goed, familie name, familie rokkies, wiegies met frilletjies (was ook my wiegie gewees...)

Lekker aand almal, mag die laaste 3 van ons vinnig kraam!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122393 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ek het nou net so lekker geslaap, kry nou net te warm.

Ralmarie, lekker om weer van j te hoor - hoe gaan dit met klein A? Ja jong ek is ook maar net so bang vir castoroil so ek gaan maar wegbly.

Shoe elise dis baie goedkoop! My man het net die nawwek gemoune, daar is maar 5 stukkies in n pakkie bacon en dis so duur toe se hy hy gaan nie weer koop nie. En ons is net sulke kaas freaks en dis net so duur.

Julle ek wil nou eers moan... My haarsalon is baie duur maar hulle is baie goed, hulle kleur lyk altyd mooi MAAR my hare kom nooit uit soos ek dit soek nie. Se ek vir haar ek wil bietjie donkerder gaan stap ek n brunet uit, se ek ek wil klein bietjie ligter gaan stap ek spierwit daar uit.
En nou is dit drie weke na ek gekleur het en my roots groei klaar pikswart teen die wit uit :( ai toggie. En ek is so oor die wit. So as ek nou gaan - wat seker baie binnekort moet wees, gaan ek weer moet verander dan kos dit klomp geld. Wonder of ek nie maar weer moet skuif nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122320 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle dankie vir die raad ek wardeur dit baie

geen probleem ralmarie ek verstaan my foon is ook net in die week belangrik as andre by die werk is anders worry ek ook nie oor die ding nie

sjoe julle ek en s het nou so lekker geslaap en toe bel n flippen verkeerde nommer my wakker toe wil die sommer die ander persoon n peace of my mind gee s slaap darem nog lekker so dit is ok sy sal nou slaap tot so 15h45 dan drink sy dan weet sy, sy is vol teen die tyd wat pappa kom want dan is dit hulle kuier tydjie

aand ete ons gaan sommer net lekker russian rolls maak ons koop hierdie lekker russians en bacon by my man se werk daar is 6 pakke russians met 8-9 russians per pak en dan 6 pakke bacon daar is seker maklik tussen 50-70 stukke bacon per pak dan kos dit ons R300 maar ons kom baie lank met dit uit en dan koop ons groot lang blokke gouda kaas vir R100 n blok dit is regtig cheap en baie lekker

oe ek moet julle vertel s word die 7de november gedoop so ons gaan die naweek vir haar n doop rokkie soek by die plaza hulle het baie mooies daar ek kan nie wag om te sien hoe sy daarin lyk nie dit is nogal exciting

ralmarie blik melk is duur ek betaal R97 vir s se s26 en dit is die middel size blik dan kom ek darem so 2weke daarmee uit omdat ek borsvoed ook so ek dink dit gaan omtrent n blik n week wees as jy neet bottel gee

petro ek sien ons babas het die selfde routine s word ook so 2h30 wakker en dan word sy weer net na 5 wakker om bietjie saam pappa in die bed te le dan slaap sy verder in die bed en sy gaan slaap so enige iets van 7 uur af in die aand hang af hoe laat sy in die middag wakker word

wel genoeg van my af hoop julle girls se babas kom nou gou gou laat jy kan relax en ons hulle kan sien

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122296 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Elise eerste baie jammer ek het net nou eers jou sms gesien. Kan jy glo, vandat Andre gebore is het ek nie meer 'n saak met my foon nie en as ek hom in die een kant van die huis vergeet hoor ek hom nie eers lui aan die ander kant nie.

Bly om te hoor die borsvoeding gaan beter. My nipples is nog seer maar ons gaan maar aan. Blik melk kos in elkgeval te veel na my sin aangesien die ander gratis is.

Gerne ek sal nie kasterolie aanbeveel nie, het al te veel stories gehoor daaroor. En onthou niks help indien jy nie in elkgeval reg was om spontaan in kraam te gaan nie.

Janine, jy het nog twee weke voor "voltyd". Hoop sy kom vroer, die laaste ruk voel soos 'n jaar. En die Here maak nooit 'n fout nie en weet wanneer sy moet kom, soos jy weet.

Anina, wat sit jy nog by die huis voor? Vat 'n draffie!!
Hoor wie praat, ek was voor die geboorte so moeg het nie geworry ofhy daar bly nie.

Ag en almal geniet daai lyfies - die binne en buite jul magies-

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #122220 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
toets

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account