file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #121892 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!! Lyk my dit gaan goed met almal! Gaan nog goed hier, nie klagtes nie, my sny is net vrek seer aan die een kant, brand soos vuur, maar dis great as mens een van daai Voltaren setpilletjies gekry het! Ek is bietjie minder op Moomie, want ek moet deur my foon gaan, so as hier groot dinge gbeur, soos 'n baba wat gebore word, sms my of Gerne, Instant message my asb!!! Ok, lekker aandjie, nou weer botteltyd vir Riley...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121874 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het vandag vir my krippel geslaap LOL :) En ek is lus om alweer te gaan le ;)

Dis 'n lekker lui dag.

Okay lekker dag verder!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121857 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle

dankie vir al die fotos, die babatjies is pragtig!!! Annalize baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n wonderlike dag en word lekker bederf.

Carmen, klink vir my jy is 'n gelukkig mamma!!! Henko was presies dieselfde, jy het hom net gehoor moune as hy moet drink. wees bly! as sy skree weet jy ten minste iets is fout en kan jy dadelik aandag gee. geniet haar man en geniet die rustigheid, dit gaan ook verby :)

Helene, my hele idee was om die hele Zoo plat te stap :silly: Maar jou ide klink baie oulik, dink ek gaan hom net na die spruit toe vat dat hy bietjie lekker jol. Hoor hier ons eet net so marshmallows, dis so lekker! En dis mos baie beter as chocolate! Geniet dit.

Anina wat is n stretch & sweep?

Janine, dis vandag week 40 ne!!!! Jy is seker baie angstig of hoe? sterkte hoor dink aan jou!

Dit reen so lekker nou, hoop dit hou vir 'n rukkie aan, sal so wonderlik wees. Lekker sondag almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121834 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Skies as ek dalk hier en daar ietsie mis! Het gou gelees deur al die posts! Ok, so ons wag vir nog babatjies dan... Alles gaan goed hier! Dis maar seer en ongemaklik, kan al self gaan piepie, en badkamer toe loop, maar hierdie pads is darem 'n pyn innie gat! Sover is Riley so soet julle! Ek vermoed sy probeer ons flous, dalk vernader sy as ons huis toe gaan! Sy huil amper niks nie, al wat sy doen is drink, doedoes, poef, maak net klein geluidjies, maar sy het regtig nog nie geskreeu nie?? Maar die suster se dit is so met bottelbaba's, want hulle sukkel nie om genoeg melk te kry nie! Ag julle, alles is darem so klein aan hulle ou lyfies!!! Ok julle, ek sal weer inloer, en julle almal moet 'n heerlike Sondag he! O ja, happy bday Annalize!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121833 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Sarah, Annelize thanks for the pics. Julle babas is pragtig!! geniet dit by die huis!!

Gerne, dis n goeie idee om n uitstappie met Henko te beplan voor Ruben kom. Ek sal net se jy moet dalk iets kleiner as die ZOO beplan. Dis ver stap daai, en as jy dalk moeg raak of nie lekker voel nie, hoef jy nie so ver te loop of te sukkel om by die huis te kom nie. Vrek vrou net nou gaan jy in kraam langs die ape..of leeus.... Vat hom eerder na n plekkie toe waar julle kan piekniek en hy klimraam kan klim, iets waar julle rustig kan wees.

julle ek eet nou maar marsmallows in chocolate se plek. tussen my en lance eet ons n pak n dag. nou net weer n pak gefinish, sal maar more moet winkel toe.

hoop julle almal het n heerlike sondag.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121818 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, ek wag nogsteeds, lyk my die omgekrapte maag was maar net dit, 'n omgekrapte maag... Stefan het ook vanoggend 'n paar lelike doeke gehad, so ek dink ons is maar altwee omgekrap.

Ralmarie, as jou teorie van mislik wees waar is, dan is sussie oppad. Ek is geirriteerd se baas vannaand...

Sarah, she is so beautifull!!! And I love the cloth nappy! Congratulations and enjoy her.

Annalize, ek is so bly julle is by die huis. Dank die Here! Dit is darem nie lekker om 'n baba in die hospitaal te he nie, nog minder jou nuwe baba. Geniet elke oomblik.

Gerne, lyk my ons sal maar nog bietjie moet wag. Maar my dok se ook 'n 2de baba sak nie sommer nie, partymaal eers as jy in kraam is. Hy het vir my gese ek moet dit glad nie as 'n indikasie sien dat sy nog nie oppad is nie.

Janine, dis maar vasbyt dame! Sterkte! Jy het annerdag gevra oor my stretch en sweep. Dit was op 38 weke en alles was reg vir Stefan om te kom. Hy het daai selfde aand gekom. Ek het nie eers daarvoor gevra nie, die dok het 'n internal gedoen en na die tyd gese hy het dit so bietjie gerek. So dit was ook nie regtig 'n poging om kraam aan te bring nie. Maar probeer dit, ek is seker dit is beter as 'n induksie. En kyk bietjie na die accupressure, dit werk blykbaar baie goed en maak kraam korter en minder pynvol ook. Hoop jou ou dogtertjie is een van die wat OP haar due date kom!

Ons sal seker more maar weer stap, stap, stap. Sover help dit net om my moeg te maak.

Lekker aand!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121794 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
my liefde kind
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account