Môre julle almal
Dankie vir almal se fotos - julle babatjies is te pragtig! Maak my skoon broeis

Daai foto van julle 3 in die teater is besonders Petro, baie mooi geneem!
Okay, so ek's amptelik 40wke+... Moet sê Vrydag en Saterdag was emosioneel vir my rof, maar van gister af is ek weer beter. Ons is nou overdue en dis nou maar so, glo sy gaan nog steeds "op tyd" wees, God se tyd is nou maar een maal nie ons s'n nie. Ilse nog heel rustig, voel haar gereeld beweeg, so ek glo sy's nie in distress of iets nie.
Het môre weer afspraak, nou bietjie opgelees oor die stretch en sweep so sal dit dan bespreek. As ek mag vra Anina, was joune baie ongemaklik/seer - verskillende opinies gelees waar party sê dit was net bietjie ongemaklik en ander was weer seer vir paar dae daarna..
Annalize, hoop jy't lekker verjaar saam met jou 3 manne by die huis!

Baie bly saam met jou dat Giovanni uit die hospitaal is, geniet hom!
Ons twee nuwe mammas, Petro & Carmen, geniet die eerste wekie!!! Bly die borsvoed het self uitgesorteer Petro, Riley klink soos 'n droom baba Carmen, julle gaan seker vandag huis toe?
Geniet jou en Henko se uitstappie Carmen!
Lekker daggie vir julle almal!