file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #121781 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Goeie nuus! Giovanni word vandag ontslaan. Gerne geniet die beddegoed shopping! Anina, Gerne en Janine sterkte vir die wag! Lekker naweek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121771 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Weereens baie geluk Carmen!! Sy's pragtig!

Hoop regtig Giovanni word die naweek ontslaan Annalize, baie sterkte! Jy kan seker nie wag om hom by die huis te hê nie!

Okay, Gerne en Anina, so ons is nou dapper stappers tot dit tyd is! Geniet die beddegoed shoppping Gerne, klink vir my ook slim om die nuwes liewer self te gebruik.

Nog nie nuus aan my kant, kontraksies kom en gaan soos dit maar die afgelope paar weke al doen. Dink ek sal ook later daaroor lag Gerne, maar op die stadium wil ek nie eers meer hoor as iemand bel om te vra wanneer Ilse kom nie. Dis mos juis die ding van normaal - jy weet nie. Hoor hierdie statistiek - net 20% van babas kom vroeg, 75% kom binne 10 dae van due date af (enige tyd van 5 dae vooraf, tot 5 dae na die tyd) en net 5% actually op die due date.

Ek loer later weer in, gaan ook gou winkels toe!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121766 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo

Ralmarie - shoe jy het omtrent klomp honde ne! Sal luister vir j. Sit hulle in die junkmail en as jy kopers in Pta kry dan kom kuier j vir ons :)

Helene lekker om van j te hoor, sterkte met die bvoed

Hi annalize ek dink so baie aan j, hoop hy word gou ontslaan!

Kan julle nou glo - ek is heel week in die dorp om nuwe beddegoed vir die spaarkamer te kry toe ek uiteindelik vrydag kry - vir my man wys toe se hy - jy is lekker stupid, hoekom skuif jy nie ons goed en kry nuwes vir ons kamer nbie? Duh. Wat n goeie idee maar ja, nou is die search aan vir mooi beddegoed en gordyne vir ons kamer. Nou oppad mr price toe. So ons gaan weer stap :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121738 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle. ek het maar gou op fb gekyk na al die week se geboortes.

BAIE GELUK AAN ALLE NUWE MAMMAS!!

Annelize ek dink spesiaal aan jou met babatjie nog in hospitaal. :(

Stefan hou my ook nou lekker besig, hy slaap goed die die nag, maar bedags wil hy meer gereeld drink, en ek moet erken die borsvoeding put my nogal uit.

Carmen, realiteit tref jou daai eerste aand by die huis, wanneer Riley gaan huil vir daai eerste nagvoeding!! geniet die tydjie in hospitaal. Vat alle pynstillers!! Jy mag nie pyn voel nie!


Ek hoop almal geniet hul babas.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121737 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo mammas, net gou kom hallo se.

Giovanni is nog in hospitaal, maar gaan dit goed. Hy word dalk die naweek ontslaan. Ek borsvoed hom drie keer per dag en kry nie kans om hier in te loer nie. Vertrou dat alles goed gaan met almal. Lekker aand.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121734 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal

Carmen, Baie geluk jong sy is pragtig.

Gerne, onthou net Andre was op 5cm nog nie heeltemal ingesak nie. Hy was toe nog op 3/5. So wie weet?

Anina dinge klink goed daar by jou. Lyk my hierdie stap ding werk. Toe jong doen jy en Gerne en Janine dit nou die naweek.

Janine hoop dit is nou gou, die ou klein babatjies is tog so mooi en maak jy dit nou nog enetjie.

Lekker naweek almal.

Terloops as jul hoor van iemand wat Duitse Herders hondjies soek, ons een teef sin is nou 6 weke en die ander een kry volgende maand haar kleintjies.

Lekker slaap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121732 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
So die dokter se hy het nog nie heeltemal gesak nie so hy gaan def nie vannag of more kom nie. My servix is ook nog nie regtig reg nie. So dis maar wag wag wag. As ek wel induksie wil doen kan ons volgende vrydag – ek is nie nou ten gunste van ‘n induksie nie so ek gaan maar nog wag. Hy het ook gese as ek nie wil induksie vat nie sien hy my eers weer die week van die 4de nov vir ‘n besoek, ek sal dan 41 en half weke wees.
En nou vertel hy vir my hy is nie hier vanaf die 30ste tot die 3de nie. Wow dis great ne :dry: . ag maar dis okay, ‘n vreemde dokter is eintlik beter, hy kan kyk, deliver en go :)

Ek het nog baie vrugwater en my bloedruk is honderd so ek is shap, en R weeg nou 3,6!

Ons het vanaand by Cappucinnos gaan eet, flippit mense ek is nou so vol gevreet, ek dink nie ek sal sommer kan slaap nie. my maag is reeds so swaar nou eet ek nog so baie ook.

Carmen, jy sal baie vinnig gewoond raak daaraan as jy eers by die huis is!!! Geniet haar hoor.

Anina hoop vir jou en Janine dat dinge die naweek gebeur!

Groete

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account