file Oktober mammies 2010

16 years 1 day ago #119487 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa - jy gesels met almal maar se nie hoe gaan dit met j en M nie??? Als okay?

Elise ralmarie melody nelita - julle is so stil, ganit goed?

Een van die dae gaan ons nie meer individueel kan vra hoe dit gaan nie want dan het almal hul kiddies!

Carmen, geniet die bederf deur j ma en ek is mal oor die roosboom - baie oulik

Ek is vrek lus vir koed vanaand, so vars tuisnywerheid koek, manlief het gese hy sal more kyk!

Bietjie moeg vanaand so ek gaan good night se

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119474 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Lol Gerne, dalk moet ek rustig wees! :laugh:

Ag dis lekker as mens se ma hier is, sy het kos gemaak vanaand, njammie :)

Ons het ook 'n roosboompie geplant wat ek present gekry het...en dis nou die Riley roosboom....het pienk blomme.

Christa, ek neem aan dit gaan nog baie goed noudat jy die bottel ding doen!

Het julle muskietneet oor julle kotte? Ek het een present gekry wat lekker is wat oor die campcot trek asook oor jou pram, maar het nie een vir die actual cot nie,...is dit nodig?

Ok julle, lekker aandjie :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119464 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal! Bly dit gaan goed met almal! Sarah hope baby arives soon! Sounds like ynu are in pain! Petro net 2 slapies dan is Xander daar! Carmen vir jou net 4 slapies om te wag vir Riley! En die res van julle is op bystand! Toemaar ons kan ook nie wag vir julle bondeltjies nie! Gerne Luke is pragtig! Ek is skoon jaloers! Dis bad van die waterpyp, bad waar in die swembad. Lol Anima jy is omtrent fluks met daai vraestelle! Janine klink of Ilse ernstig regmaak om te kom! Helene geniet jou kids! Wat maak Lance met sy nuwe boetie? Bly jy het so lekker baie melk vir Stefan! Toemaar daai vingertjie sal gou gesond word! Ralmarie hoe gaan dit met André? En die ander kids? Lekker aand almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119419 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Jis julle, ek weet dis nou 'n snaakse manier vir nesting om in te skop, maar ek is so te se klaar met my natuur wetenskap vraestel. Ek werk soos 'n demoon! Dis ongelooflik, skielik het ek al die inspirasie en energie om my werk klaar te maak wat al die hele termyn sloer!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #119362 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Agnee anina, jy laat my nou voel of ek in die skool is :woohoo: LOL Ag ek spot net. jou werk klink darem meer interessant as myne ! :)

Helene, LOL shame man, ja dis bad as mens hul raak knip maar dis onvermydelik. Henko se naaltjies het nogal nou en dan so gemaak soos jy verduidelik. enige antiseptiese salfie sal vinnig werk. en maak ook mooi skoon met 'n watte en savlon. Shame man, sterkte. Kom stuur weer bietjie fotos toe.

Ralmarie, hoe gaan dit daar?

Carmen girl, jy moenie so rondloop en poef en wat alles nie, jy gaan nou nou in kraam. vat dit rustig vroutjie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #119356 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, hou maar daai omgekrapte maag dop jong. Dit kan 'n teken van kraam wees... Miskien wil Riley nie tot Vrydag wag nie.

Petro is so stil vandag. Is jy besig met last minute prep? Geniet die laaste 2 aande girl, mens is nooit weer regtig alleen nie. Selfs as jy iewers heen gaan sonder baba, dink jy heeltyd aan die dingetjie.

Julle, my Afrikaanse vraestel is so te se klaar! Dis 'n wonderwerk. Ek kort nou net 2 strokiesprente, het vir Johan gevra om die koerant te koop oppad huis toe, ek hoop daar is iets oulik in. Nou het ek nog net die Natuur wetenskap en Wiskunde oor. Ek gaan sommer nou aan die werk spring daarmee dan is dit ook tenminste half more.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #119334 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Helen, shame, ek het geen idee hoe ek R se naels gaan knip nie, hulle naels is dan minituare! :blink: Smeer maar daai Bactroban salfie, dit behoort gou mos gesond te word :)

Anina, mense kan darem maar partykeer ook lekker oorreageer, asof hulle nog noout so iets aangevang het nie :laugh:

Julle, my maag is iets ysliks omgekrap vandag, goeie genugtig :blush: Seker nie iets wat julle wil noodwendig wil weet nie, maar dis nie lekker nie hoor :(

Het bietjie saam my ma in die mall gaan loop, en middagete geeet, nou is ek maar net rustig voor die tv...

Gerne, ek kan nie glo die groot dag is Vrydag nie...voel vir my baie unreal!!

Ek het wragtag 'n free facial gekry van 'n vreindin, so ek gaan Woe na my gynae afspraak sommer weer een doen! :)

Ek kan ook nie uitmaak watse liggaamsdeel van R druk waar nie, maar wat ek wel weet is dat iets die laaste week hier heel bo links druk, dit voel vir my asof sy baie hoog is...miskien scheme sy sy moet bo uitkom :laugh:

Ok, julle ,loer nou nou weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account