file Oktober mammies 2010

16 years 3 days ago #118899 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
Still nothing except a lot of BH that make me catch my breath and back pain that I can't walk through. My mum is here, she is rather worried about me. My feet are badly swollen and purple with lack of circulation. Going to gynae today, going to ask him to do an internal and discuss induction. I've been awake since 3am coz my back is too painful to sleep.

Oh and my cat caught a bird and ripped it to pieces in the bathroom at about 4am so I've got that to look forward to cleaning up once everyone is awake :)

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 days ago #118886 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
petro onthou om jou kussing saam te vat hospitaal toe!!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 days ago #118884 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo daar. hoop die verjaarsdag girls was lekker bederf!!

ons het n lekker bedrywige dag gehad. vanogg by een van lance se maatjies se partytjie gewees, so 2uur se kant het my ouma haar nuwe agterkleinkind kom kyk. en 5uur het ons nog kuiermense gekry. Lance het so gespeel die heeldag, hy het 7uur sommer op die sitkamerbank aan die slaap geraak. stefan het ook na sy bad tyd gaan slaap, nou is die huis so rustig!!

ag julle, dit is so lekker met 2 kinders in die huis. ek is defnitief nog nie klaar met babas nie!! daar moet darem ten minste nog 1 babatjie wees.

lekker week vir almal en sterkte petro, carmen, sarah, anina...en wie ook al almal die week n baba ryker gaan word!!

ek moet nou eers vir stefan wakker maak, my boobs is vol...hy moet nou leeg drink!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 days ago #118869 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
3,2,1 dis al wat ek nog moet tel - YIPEEEEEEEEEEEE

ek het vanaand weer my tassies gecheck !! net dubbel seker gemaak ek het waarlik alles - dis nogal baie goed wat mens moet saam pikkel

more moet ek gou my tone en hande se naels laat fix - dan is ek ready

dinsdag handel ek gou laasste goed by werk ag

en woensdag dan is baba hier

Ai julle my man is soooo oulik - ek het vanmiddag "jungle juice" aangemaak. Hy het my so mooi gehelp en alles gemeng en solank in lekker drink bottels gesit - sodat alles reg is as ek terug is van hospitaal

nou ja - lkr aand - praat more

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 days ago #118794 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Nou lekker knuppeldik gevreet! Het by Mugg & Bean gaan brekfeast eet!

Christa, jip ek gaan Vrydag in.

Ek het gedink die rede hoekom party gynaes dalk teen eet is, is omdat die spinaal dalk nie werk en jy narkose moet kry...dis seker nie algemeen nie. Ek gaan maar net iets ligs eet vroeg vroeg die oggend, maar niks ernstigs nie.

Moet nou skottelgoed was :( , kyk ek HAAT min dinge in die lewe soos skottelgoed was! :S Maar dit moet seker redelik skaflik lyk as my ma hier aankom!

Ok, lekker daggie verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 days ago #118793 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina jy is so reg, elke dag bring maar sy eie hormoontjies ne! Ek kom agter dis as ek by die huis is wat ek goed voel, bydie werk word ek net depressed :)
Ek drink proil nou so week maar het dit nog niks gemaak nie, ek drink een in die oggend een in die aand sit ek hom onner in

Julle vreeslike ding het nou gebeur, my man het die geyser se pyp in die kombuis raak geboor :( :( :(
die water het so boog gespuit en n vreelike gat gemaak. Nou is my man dikbek en depressed oor wat dit gaan kos.
Blykbaar gaan hul n hele stuk van die muur uitkap en weer moet oorbou en nou kan ons nie die water aansit nie - wat beteken ons kan nie net bad water tap nie :( ai tog ek is net so hartseer en mismoedig maar sal dit nie wys nie - moet sterk wees :) LOL

Christa sy naam is Luke - Luke patterson :) ja hy en henko speel nog baie lekker
Geniet j familie kuier!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 days ago #118788 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Hierdie lady het my so opgewonde gemaak Donderdag aand / Vrydag oggend, en nou doen sy niks. Wat 'n anti-klimaks! Lyk my ek sal maar moet wag soos die res van julle...

Ten minste is my hare en naels nou mooi en my bene en bikini lyn gewax. So eks nou reg vir die ding, sy kan maar kom wanneer sy gereed is.

Ek het nog lekker baie goed om te doen by die skool die week, ek hoop om dit alles tussen Maandag en Woensdag klaar te kry. Ons het Donderdag en Vrydag af en dan ook vlg Maandag oor ons half-term het. Ek hoop eintlik sy kom dan oor die half-term break sodat ek nie hoef terug te gaan vir die laaste 4 dae nie. So ek wil alles nou die week klaar maak sodat ek weet als is gereed vir oorgee.

Christa, jy IS 'n fantastiese mamma, wat die beste besluite vir haar kind maak. Hoop jy het lekker verjaar gister!

Gerne, net annerdag is jy down en wil jy nie meer swanger wees nie, nou geniet jy dit weer. Lekker deurmekaar preggie hormone ne! Drink jy daai evening primrose oil? Ek het Donderdag begin, en het nogal gewonder of dit dalk die oorsaak van my middernagtelike vals alarm was, maar ek drink dit nogsteeds en niks, so dit was seker nie dit nie.

Helene, Stefan slaap in sy kot. Ek is seker dit maak dit baie makliker. Ek het ook besluit om hom nie nou na die bed toe te skuif nie al kom sussie ook nou. Ek het vir sussie haar eie kot gekoop en dink ek gaan vir Stefan tot op 2 jaar in die kot hou. Hulle se mens kan selfs tot 2 1/2 die kind in die kot hou. Hy kan nie self uitklim nie, dis nogal 'n tricky kot vir 'n baba so ek worry gelukkig nie daaroor nie. Maar ja, ek verstaan nou hoe jy dit kon regkry...

Aan al my mede Sharks fans. YIPEEEEEE :silly: :woohoo: :silly: :woohoo:

My man en sy hele familie is Bulls ondersteuners, so ek kry dit altyd, maar die keer het die wiel darem bietjie gedraai.

Ek kan nie nou al die ander chats onthou nie. Hoop dit gaan goed met almal!!

O, ja, Elise geluk vir vandag! Hoop jou pop bederf jou met 'n deurslaap!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account