file Oktober mammies 2010

16 years 4 days ago #118785 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal! Helene jy het dit goed gestel! Mense raak so stil as jy sê jy borsvoed nie. En ongelukkig het ons nie almal die voorreg om ñ sukses daarvan te maak nie! Groot borste of te nie! Maar ek weet ek gaan ñ fantastiese mamma wees! (lekker windgat LOL) Hoop almal het lekker verjaar! Ek verstaan nie hoe julle voor keiser kan eet nie! Spinaal werk nie vir almal nie en dan moet jy dalk narkose kry! Buitendien laat die spinaal jou bloeddruk val en dit maak jou ongelooflik naar. Dis ñ hengse risiko om te eet. Sarah any news about baby yet? En Claudia Anina? Toemaar Petro as jy jou oe knip is 4 dae om! En Xander in jou arms! Carmen jy gaan mos Vrydag in? Of onthou ek verkeerd? Gerne Henko speel seker te lekker met sy woef! Wat is woef se naam? Ralmarie het André toe sy eerste rugby wedstryd oorleef? Ek wil iewers by jou ñ draai kom maak as jy kans sien daarvoor. Hoop almal het ñ heerlike naweek! Ek het vanmiddag bietjie koek en tee vir die familie. Ons was gister bx Palm Farm kwekery/nursury in Krugersdorp. Dis nou die plek vir plante koop as jy jou tuin van scratch af wil doen. Hulle is spotgoedkoop! Jy koop bv 30 saailinge vir R65. Hulle plante is puik! Lekker dag julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 days ago #118782 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hey - its your birthday - were gonna party like its your birthday! :) Baie geluk Christa en Carmen vir gister en elise vir vandag! Hoop julle het n wonderlike geseende jaar!

Ons het gister by vriende gaan braai, dit was nogal lekker. Eers 11uur by die hhuis gekom so henko het eers daai tyd gaan slaap. Vanoggend het hy eers 9uur wakker geword! my man het nou gou vir ons koffie en bovril toast indie bed gebring want ons is vrek honger :)

En dan gaan ons vandag uiteindelik al die gordyn wegbinders en rakke in die kids se kamer opsit, het gister alles gekry wat nodig is so hard werk vandag!

Julle ek het dit nou al gese maar ek geniet my pensie nou vreeslik! Ek dink dis oor dit die laaste swangerskap is treasure ek dit nou. Dis asof ek nie wil verby he nie. Ag ek moet seker vrede daarmee maak anders kan ek dalk bietjie depro kap na die tyd.

Ja ek wonder hoe gaan dit met sarah, maar ek glo hulle sou laat weet het

Lekker daggie almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 days ago #118773 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Sjoe, maar dis darem bietjie koeler in Pta vandag, dis eintlik lekker om vir 'n slag nie so warm te kry nie! :)

Ag, baie geluk aan die Sharks, julle het beter gespeel en het vedien om te wen! Hierdie jaar is nie die Bulle se Curriebeker jaar nie... :( Nou sal ek maar hard skree vir die Sharks, want vet weet, ek gaan eerder dood as wat die WP wen :(

Gaan alweer vir ontbyt, my vriendin wat innie Kaap woon kom op vir die week en geboorte, en dan vanmiddag arriveer my moeder van die Kaap :) Ek dink dis hulle wat die weer saambring vir ons! :laugh:

Die reunie was heel lekker gister, was klein, nie vreeslik baie mense opgedaag nie, baie anders as wat my reunie was! Maar was tog 'n sukses.

Lekker gevreet!

Ok, ek loer later weer in...

Wonder hoe gaan dit met Sarah.... :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 days ago #118736 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Ooo ralmarie my man is ook n Groot Shark !!! Ek gaan ook hard vir hulle skree !!! Ek haat die bulle - sorry Carmen

Ek is n Cheetah so dan sal my man vir my span skree !!!

Ek het al begin hoop boeta wil nou sommer vanself kom - want ek kan nou nie meer nog 4 dae wag nie - net te lank. Ek kry geeb BH nie - net so skietpyn in my linker bobeen elke kort kort !!!

Ons le nou biki en rus, gaan nou nou ry om rygby te kyk en te braai by plaasbure !!! Eintlik glad nie lus

Carnen ek hoor almal wat vir keisers gaan mag eet voor die tyd - maar my gine se neeeeeee !!! Weet nie lekker hoekom nie !!!

Geniet julle b-day s !!!!!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 days ago #118727 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen aangesien jy nou met die rugby begin het...

GO SHARKS !!!! :woohoo:

Skies, maar ek is weer groot Sharks ondersteuner. My man is 'n Bull so vandag is dit weer oorlog tot na die rugby. (Gelukkig werk hy, so ons kan nie vir Andre wakker skree nie, net ek wat rustig sal rugby kyk.)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 days ago #118703 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Lekker gaan uiteet saam al my goeie vrinne en fam gisteraand, was vreeslik lekker!! :woohoo:

Petro, ekke word ook die middag gedoen, 13:00, maar ek mag eet voor die tyd? Sy het gese ek kan 'n lekke ligte brekvis eet die oggend en moet 2 ure voor die tyd daar wees?

Ooo, ek wonder of Sarah vandag haar baba gaan he en wonder ook hoe gaan dit met Anina?

Ons het vandag my man se 15jaar reunie aan, so gaan die middag daar wees...en ek gaan vanoggend bietjie vir lekker koek en koffie saam 2 van my pelle!! :woohoo: Lekker lus vir iets lekker soets eet!

Mag die Bulle wen en die WP verloor :P

Loer nounou weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 days ago #118660 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise ek het skoon vergeet jy verjaar ook. Skies hoor. Hoop jy het 'n wonderlike dag Sondag. Geniet dit.!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account