file Oktober mammies 2010

16 years 3 weeks ago - 16 years 3 weeks ago #111286 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen 36 wekies


3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

This message has an attachment file.
Please log in or register to see it.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #111283 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

My rekenaar se muis het die gees gegee, nou moet ek met die lap top se touch pad werk en dit frustreer my geweldig!!

Dankie vir die raad oor die hondjies, maar ek is baie picky! Ek soek 'n pincher, en ek dink ek gaan maar een kry. Hulle is excellent wag honde wat nie sommer vir nonsies blaf nie (as jy hulle leer...) en hulle is op en wakker en rats genoeg vir die plot. As hulle gewoond is aan kids is hulle great kinder honde ook. Ek gaan nou Saterdag na 'n paar kyk en ek dink ek sal maar net met een by die huis opdaag dan kan Johan nie veel se nie...
Ek het 'n worshond gehad wat nie kon ophou tjank nie, en vir een of ander onverklaarbare rede hou ek nie van 'n jack russel nie. Maar ons moet klein hondjies kry, so die opsies is effe beperk. Dit is hoekom ek dink ek sal maar eerder net weer 'n pincher kry, ek ken hulle en weet dit kan werk.

Ralmarie, ek raak sommer moeg vir jou part, ek is seker jy wens nou regtig vir boeta daar uit.

Gerne, ek gaan ook van 36 weke af die evening primrose oil ding doen. Ek wil mos graag he sussie moet in Okt kom sodat sy haar eie verjaarsdag kan he, so ons sal sien of dit werk...

Melody en Dragonfly, sterkte met die laaste week! Geniet die laaste paar daggies van rustig wees.

Petro, ek slaap ook verbasend goed oor die algemeen, maar ek het gisteraand glad nie goed geslaap nie. Ek was sooooooo moeg dat ek 8 uur reeds in die bed was, en toe Stefan 12 uur wakker word kon ek nie weer slaap nie. Eers moes ek toilet toe, toe begin my bene pyn en dreig om te kramp. Op die ou end het ek opgestaan en my kuite met arnica ingesmeer en net toe ek weer aan die slaap raak, word Stefan weer wakker 4 uur!

Lekker dag vir almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #111282 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen - 36 wekies !


3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

This message has an attachment file.
Please log in or register to see it.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #111252 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more almal,

Dankie vir al die vriendelike groete. Sal julle vinnig op hoogte bring oor hoe dit hier gaan. Als gaan baie goed, behalwe vir die 21kg wat ek op getel het......SUG.

C-secttion is geboek vir volgende Dinsdag 8:30 by Sunninghill wanneer ek 39 weke is. Nog net 6 daggies. My gedult is redelik goed, want om eerlik te wees het die laaste paar maande vir my verskriklik vinnig verby gegaan, alhoewel werk my amper half dood gehad het met stres ens. is ek dankbaar want ek glo dis die grootste reede hoekom ek nie tyd gehad het om te wens die swangerskap was verby en nou wil ek net n paar daggies geniet vir myself en manlief en dan kom baba. Ek is baie bly daar is net 6 daggies oor, dink nie ek sou kanger kon uit hou nie.

Slaap is baie min diekant, ek word gewoonlik, al vir seker die laaste 2 maande elke 2 ure wakker vir die toilet. Gestraand was n goeie aand, het vir 4 en n half ure geslaap sonder om wakker te word - jippee.

Ralmarie, ek dink om so vinning te kraam is n goeie ding, dis ook maar goed jy ken jouself, kan net dink wat sou gebeur as jy huis toe gegaan het.

Gerne, hoop jy't slaap gekry - sulke onnodige geraas is die laaste ding wat jy nodig het. Sal jy asb vir my ook die lys stuur, ek het lankal vergeet wie verwag wat en wanner.....jammer!

Nelita, jou en my tyd is op mekaar. Dis noggal n groot baba....Dr het geskat dat Kayla sal omtrent 3.4kg wees met geboorte en jou klein dingetjie is reeds daar.

As vir worsies en Jack russels, ek sal versigtig wees, maar dis seker okay as hulle puppies is en saam met baba groot word. My vriendin se 1 maand oue baba was gegaps deur n jaloerse worsie en Jack russels is ook jaloers (ek weet ons het een en ek sal haar mooi moet laat verstaan wie is die ma) hulle is beide ook verskriklik spelerig.

shoe, dis seker nou genoeg van my kant af vereers, ek het nuwe lewe vandat ek ophou werk het, will net besig bly en rond rits....sommer met of sonder manlief....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #111225 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
more almal

gerne - ek hoop jy het slaap ingekry en dat die musiek nie tot laat aand gespeel het nei.

julle ek slaap verbasend goed vir iemand wat 35 weke swanger is. ek het dood geslaap. die liewe Vader spaar my seker 'n paar aande

ek en my man gaan gou vanoggend dorp toe. moet 'n paar goedjies gaan doen en ek sien nie kans om meer alleen te gaan nie - te ver en ek te lui.

nou ja lekker dag - ek loer later in

Ralmarie - ARE YOU STILL ALIVE?

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #111193 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Nelita, ek sal more vir j die lysie email.

Carmen, jy sal weet as jy in kraam is want dis baja seer LOL. Ek ken ongelukkig die hele water breek en mucus plug ding nie want hulle het my water gebreek maar jou ek glo jy sal agterkom as daar nou water uotkom wat nie moet nie :) en soos ek se die kontraksie sal j voel.
En ons is hier vir jou so spring op die foon en vra as j wil!

Anina - ek is nou op dai punt - ek soek hom nou net UIT! :) ek het bietjie gelees oor primrose oil en dink ek gaan dit n go gee! Ek kan dit mos by clicks koop?

Lekker slaap almal

Oja - ek hoop ons kry rus want die bure se seun en sy hoerskool tjommies party by hul lapa en dis soos 5 tree van ons kamer af - net n muur skei ons :( hulle is lekker louf

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #111188 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Nelita, ek glo jou dogtertjie is nou beter. Sjoe dis altyd moeilik as hul siek is. Jy kort ook seker nou bietjie slaap. Sterkte daar vir jou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account