Hi weereens
Petro ek is bly ek is nie jy met al die UIF, BTW ens nie. Hoop maar daai syfers is reg ingevul.

As dit ek nou was kan ek jou verseker het alles nie geklop nie.
Melody bly om weer van jou te hoor. Jy't nou min dae oor ne. Hoe hou jou geduld dit? Myne is al op.
Carmen ja elke swangerskap is anders en selfs ek met no.5 wonder soms of ek nou regtig gaan weet. Het wel al paar fals alarms gehad, maar as ek terug dink kan ek die volgende se: As jy wonder is dit nie die ware jacob nie. As jy weet dan is dit tyd. My water het slegs met Ludwig gebreek. Die ander het ek self eers in kraam my mucus plug verloor. Hul wou my met Rachelle huis toe stuur 7 uur die oggend. Het gese nee niks is nog ontsluit of ryp nie, wel sy is 2 ure later gebore net na 9, so... ?
Dis moeilik om te se, ek weet wel ek kraam vinnig en het dus gese ek gaan nerens heen nie ek weet ek is in kraam.
Met Jeanne was selfs die dokter te laat.
Annalize en Gerne ek is dankbaar ek het ook die sooibrand vrygespring. Sterkte met dit dis darem nie meer lank nie.
Sarah, are you enjoying your holiday?
Heleen kook seker vir 'n vale.
Christa en Elise speel pop.
Is ons dan almal? Wie kort ek?
Lekker aand vir almal.