file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #106805 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
dankie julle ek hoop regtig hy verkoop gou ek wil nou uit die klein plek uit kom

Anina sterkte met die kontrak maar ons glo hulle sal dit kry

Gerne ek sien jyt nie my skatting vir anina in op die lysie nie ek het haar geskat 25/10/2010 3.2kg

julle ek het lekker kopseer vandag maar ek wil nie pille drink nie ek is nie een daarvoor nie so ek gaan hom nou nou bietjie af slaap

Wat is op julle menu's vir vanaand ek wil lekker kerrie en rys maak en dalk baie jellie vir poeding ek vrek oor jellie die laaste tyd en manlief het die maand sommer vir my 4 pakkies gekoop saam die groceries

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106802 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Nou ja, ek het gisteraand so gedink dis iets belowend die pyne, maar nou is alles weg. Ai tog. Geduld. Ek leer baie geduld.

Anina sal bid vir julle dat die Here se wil sal geskied. Dit klink egter menslik baie goed.

Elise vir julle ook met die huis. Dis tog lekker om op jou eie te wees.
Gaan 'n lekker ervaring wees as dit uitwerk vir julle.

Gerne as mens tog net kon kies watter datum en dinge gebeur dan so sou dit wo lekker wees. Wonder wie gaan reg raai.

Carmen sterkte vir jou ook met daai pyne. Myne voel vandag nogals beter daar onder, snaaks hoe elke dag verskil.

Net my voete bly geswel en seer, maar dis nie meer te lank nie.

Tot later weer

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106801 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle. ek wil net eerstens vir ELISE sterkte toewens vir Maandag!! Ek kuier nou so min by julle, dat ek bang is ek mis n geboorte!

Gerne, jy moet maar mail as daar groot nuus is.

Ek het gisteraand my tassie begin pak. Baba se goedjies is alles reg en ek moet nog net die laaste goed gryp voor ek ingaan.

Ek moet nog volgende week n klomp babakos kook en beplan om die 24ste op 'verlof' te gaan. (of om net op te hou kook) tot die voorraad op is, dan begin ek maar weer...

maar ek is nou reg vir baba, hy kan maar kom.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106796 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, dankie vir jou moeite! Dis 'n oulike rubric. Nou kan ons mooi vergelyk.

Ek het ook gister effe seer / ongemaklik gevoel. Dis nog nie regtig ondraaglik nie, meer net ongemaklik. En ek het na skool gaan inkopies doen en BAIE geloop so dis seker maar te verstane.

Ek het vir Stefan die oulikste somers klere by Pep en Ackermans gekoop. Ek is so bly ek kan nou sy winters goedjies bietjie weg pak, dit vat so baie plek.

En toe het ek ook sommer meeste van die goed gekoop wat ek vir die hospitaal nodig het sodat ek kan begin om my tassie te pak. Claudia het nou 4 newborn pakkies, ek sal die naweek nog bietjie soek. Ek gaan die naweek ook soek vir 'n tas vir my en een vir Claudia, dan begin ek Sondag of Maandag die tassies pak. Ek dink ek sal eers weet wat ek nog kort as ek begin inpak. Ek het sommer 3 pakke Carriwel pads gekoop, hulle was so goedkoop en dan is ek seker ek het genoeg. So ek dink eks amper voor jou Gerne!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106782 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek hou die meeste van Petro se datum vir my... lekker vroeg! Julle ander het nie genade nie :blink: Lyk my Ruben Stefan en Drikus word die swaarste geskat :ohmy:


3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106769 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle 2tjies wat so lekker chat! :)

Anina, jou skattings lyk vir my baie goed, ek dink jy gaan met baie in die kol wees.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #106768 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Elise, ek hou duim vas oor die huis!!!

Anina, dis wonderlike nuus oor die werk, sal duim vashou daar kom iets daarvan af!! :)

Gerne en Ralmarie, ek het ook pyne, maar dis weereens my pubic bone. Dis seer as ek daaraan druk, as julle verstaan wat ek bedoel? Dit asof ek dit gekneus het? En dan is my grien area seer, die lieste, dit wat styf sal wees as jy dalk ver geloop het.

Verder het ek nie veel nuus nie, net bietjie moeg, het baie rondgerol gsietraand.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account