file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #107221 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Christa, dis goed om bietjie van jou te hoor! Ek sal laat weet wat met my manlief se werk gebeur. Ek voel baie posetief daaroor en weet dat daar goeie dinge op ons wag.

Ek was gister aand sooooooo ongemaklik, ek kon iets oorkom. Ek het sommer hier by 6 uur se kant so 'n steek pyn in my rug gekry, toe gaan le ek bietjie en die pyn het weg gegaan maar van toe af is my hele rug sommer seer en hier tussen my ribbes en pens is dit so seer ek kan glad nie gemaklik sit of staan of le nie!!!
Ek dink die klein merrie het omgedraai op 'n stadium gisteraand en dat dit die pyn veroorsaak het. Maar dit voel aan die skoppe of sy nou weer kop ondertoe le, so hopelik gaan dit gou verby.

Helene, dis nice van jou om 'n prysie te borg. Maar ek is bevrees ek sal nie hou tot 7 Nov nie, nie eers tot 5 Nov wat my due date vlg die 12 weke scan was nie... So julle ander normaal mammas moet maar daai een vang!

Stefan en Claudia gaan so 16 maande verskil, ek is effe bang daarvoor, maar dis nou te laat om spyt te wees... Ek het dit nie beplan nie, maar God het obviously nie na my planne geluister nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107212 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal

Ek het lekker geslaap geslaap gisteraand.

Heleen ek kan nie wag om jou volgende fotos te sien nie. :woohoo:

Julle my laptop se koord lyk my gee nou probleme, hy klink of hy wil short. Hoop hulle kan dit vir my regmaak. :(
Wel intussen moet Ludwig maar tevrede wees dat sy ma sy rekenaar gebruik om te chat.
Gaan net nou dorp toe dan sal ek hoor wat hul se. :huh:

Die wind waai ons weer weg vandag. :ohmy:

Tot later.
:)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107203 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More al die mammas! Wow eindelik kan ek darem 'n slag behoorlik gesels!

Helene ek is mal oor jou fotos! Dis iets besonders! Ek stem saam oor die prysie vir die normaal kraam mammas! Oulike idee en baie gaaf van jou!

My new born klere is 2,5 tot 4kg. Gerne daai van jou klink soos Tiny Baby van Ackermans! Hulle gaan net tot 2,5kg.

Ek gaan nie eers probeer op almal se posts reageer nie! Daar is net te veel!

Moet darem vir Anina se ek is bly oor die vooruitsig dat jou man moontlik by sy huidige baas kan aanbly en bid dat hulle daardie kontrak kry! Sterkte en laat weet wat gebeur!

Elise nog net 3 slapies! Woooohoooo! DAn het jy daai klein babatjie in jou arms! Wat is die name waarop julle belsuit het?

My voorspellings vir die gewig en datums is:

Elise 3.42kg
Christa 3.26kg
Ralmarie 28 September 3.35kg
Helene 3.42kg
Sarah 16 October 3.15kg
Anina 28 Oktober 2.86kg
Gerne 27 Oktober 3.32kg
Petro 3.31kg
Carmen 3.18kg
Janine (Lily) 23 Oktober 2.8kg
Annalize 19 Oktober 3.32kg

Hoop nie ek het iemand vergeet nie!
:blush:

Julle klein Maretjie skop darem nou bitter seer! Ek snak partykeer na my asem! Siestog, sy spasie raak nou darem regtig min! My maag het ook somer skielik vreeslik uitgesit! :blink:

Ek kry ook erg BH, maar lekker asemhalings help mens om dit makliker deur te werk! En dan daardie pynlike steekpyne in my pubic bone! Ek steek sommer viervoet vas as ek besig is om te loop! Sjoe dis seer! Kan julle mense se gesigte indink wanneer ek sommer so in die middel van nerens in die publiek vassteek! Hulle dink seker ek is heeltemal gek! :P

Ek het eindelik daai duvet cover en paslakentjie vir die kot gemaak! Nou nog net die kussingslopies! :woohoo:

Ek kort ook nog Petro en Sarah se nommers. En Janine sin, sal net gaan kyk sy het mos gese sy gaan dit pm, wil dit nie in die algemeen opsit nie.

Ek gaan vanmiddag eindelik vir my mani en pedi! Die salon waar ek voorheen al gegaan het is toe, toe moes ek 'n ander een gaan soek! Wat 'n mission! Nou hoop ek net hulle werk ordentlik en maak my nie seer nie! Iss deesdae nogal pieperig!

Ons het gisteraand na 'n video oor keisers gekyk. Moet se dis nogal scary! Ek is effe benoud, maar nou ja sal moet deurdruk! Darem nog net 5 slapies dan is ek EINDELIK ook 'n mamma!

Julle ek het die verjaardaglysie op my rekenaar by die werk vergeet! :blush: Het een van julle dit dalk afgelaai? Ek weet iemand verjaar in September, maar kan nie onthou wie of wanneer nie! Anders moet julle dit weer almal vir my gee. Asseblief?!

Ek groet eers. Lekker dag en pas julle op! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107119 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise, ek dink die wat normaal gaan kraam verdien n prysie...ons keiser klompie gaan nou die prys moet mis. ek gaan more bietjie kyk na my stock en ietsie uitsit.

oe, die fotos is nice. ek gaan n paar op my profile sit en ook op fb as julle wil kyk.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107065 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Hey Charlaine
Ek sien jy sit en loer vir ons hoe gaan dit? al enige nuus?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107045 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne ons gaan dit vanaand neem ek hoop

Helene wat van ons wat nou n keiser kry ons staan dan nie n kans vir daai due date prysie nie dis nie fair nie lol(grap net)

julle my kos is nou klaar nou moet ek gou my kombuis vloer was en dan kan ek lekker gaan bad voor manlief kom ek het so lekker geslaap nou die is nie eers waar nie maar my kopseer is nog daar en my sinus vreet my op die week ek weet nie hoekom nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #107035 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Skies, ek het nou so flugtig geglance na almal se posts, julle was baie besig op Moomie vandag! :cheer:

Ek kort ook nog Sarah en Petro se nommers.

My hospitaal sal is 85% gepak. My goed soos klere, tolietries en sulke dinge moet nog in, maar ek kan dit nie nou al pak nie. Riley se goete is 95% gepak, ek moet nog haar klere en kousies ens. pak.

Helene, ek dink nie ek kry BH pyne nie, my actual pubic bone is seer, soos iemand al vroeer gese het, dit voel asof iemand my daar met 'n baseball bat geslaan het partykeer. Dis erger in die aand ook as in die dag. En my lieste is seer, soos as ek loop, dan pyn dit daar waar my bene en groin bymekaar kom.

Ok, julle, ekke gaan groet, lekker aandjie vir julle almal!!

Ons eet sommer net lekker worsbroodjies vanaand, met gebraaide uie. Lekker eenvoudig! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account