file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #102300 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen ek kan dit ook nie glo nie skielik voel dit vir my baie onwerklik dat ek binne 14 dae my eie baba gaan he dit voel soos n droom ek weet regtig nie hoekom nie maar dit voel net nie of dit regtig so is nie

Gerne ek dink ook nie dit is baie nie hoop ek kan dit en n paar extra kg's verloor na babatjie maar ons sal later daaroor worrie

Christa jy sal sien as jy in die skoon maak fase kom of dit nou swaar is of nie jy tel dit op skoon moet dit skoon ek gaan nog n lekker preek kry daaroor vanaand as manlief sien dit is so skoon hy gaan se ek moes gewag het vir die bediende more maar ek wil he sy moet eerder konsentreer om my gordyne en goed skoon te kry en dan kan ons net lekker skoon maak en dan kan sy my was goed stryk dan hoef ek dit nie die week te doen nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102299 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen en Gerne hoekom probeer julle nie kussings onder die boude nie? Dalk help dit! Shame Gerne daai stuikie is seker nou seer van die swangerskap en die val! :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102294 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Cute wurm daai Christa!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102292 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
LOL Gerne, ek weet wat jy bedoel! Dis nogal snaaks, ek kan ook nie lank op een plek sit nie, ek beweeg heeltyd van een boud na ander boud! :laugh: En my maag is nou in die pad, so ek sit permanenet so half agter toe :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102291 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Wurm se gesiggie

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102289 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Mare se wurm

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #102286 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo Mammas!

Klink of almal 'n heerlike naweek gehad het! :P

Anina bly jou niggie se babatee was so reuse sukses en dat die huis ook sommer 'n make-over gekry het! Nou voel jou hart goed en jou huis lyk pragtig! ;)

Gerne, jy moet versigtig wees! Gelukkig dat jy op jou agterkant geval het en nie op jou maag nie! Hoop jou rug en gewrig is okay! :huh:

Elise hou op swaar goed optel girl! Jy soek vir moeilikheid! Jy moet jouself oppas! :)

Carmen ek is bly jy sien eindelik Riley se bewegings op jou magie! Jy was nog laas so teleurgesteld oor jy niks kan sien nie. Nou sal manlief dit ook kan voel en sien! :woohoo:

Julle praat so van gewig opgetel. Ek het in die laaste maand skielik sommer 4kg opgetel! Dokter voel dis goed, veral met boetie wat in elk geval al amper 3kg weeg en dan die vrugwater en goed wat daarmee saamgaan. :P

O ja! My vetkoeke is weg en my voete is terug! :woohoo: Weet nie hoekom hulle nou die dag so geswel het nie! :huh:

Ralmarie hoop die kids geniet die maatjies! En dat jy bietjie 'n kans kry om iets anders te doen! Klink of die skool jou goed besig hou! Geniet die blaaskansie!

Ons was gister Brits toe en vandaar na Jhb en toe Klerksdorp toe. Ek is stokflou van die ryery! Die gery het definitief gister einde gekry! Dis nog net die week Wolmaransstad toe elke dag vir werk en dan rus ek van Maandag af! :woohoo: Dokter gaan my Vrydag op bedrus sit. Hy se ek begin nou kanse vat! Ons het Saterdag die laaste goed vir baba en mamma gaan koop. Nou moet ek dit net nog was en pak en dan is ons reg vir Mare se koms! Ek kan nou nie meer wag nie! :woohoo:

Lekker dag vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account