file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #44667 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, ek dink die hospitaal waar ek gaan sluit ook 'n 4d in. Ek is Maandag al op 25 weke, die dat ek nou wil boek. Sal hoor wat dr se.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #44663 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, daai klomp girls is omtrent so erg soos my man en familie! Ek mag niks optel en nerens opklim nie! Wat 'n frustrasie! Ek is een van daai mense wat alles self wil doen, want niemand anders doen dit gewoonlik reg nie! (Al weer die CONTROL FREAK! :blush: )

En ons is mos nie siek nie, net swanger!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #44661 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
o ja, mens bespreek die bed is later. as jy 'n 4d wil doen by die hospitaal hier by 27 weke sal jy dan al moet bespreek (my 4d is ingesluit as ek daar kraam maar moet dan my bed boek) maar ek dink die dokter vra gewoonlik hier teen week 30 vir jou om dit te doen.

maar ag jy kan seker maar enige tyd. weet nie!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #44656 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, daai vliegkaartjie ding is moeilik! Veral omdat jy normaal wil kraam! Weet, babas laat hulle nie voorskryf nie! Hulle kom wanneer hulle wil en dit kan vroeer. later of op datum wees. :huh: Mens kan darem die wereld vir jouself so moeilik maak as jy so absoluut in beheer moet wees! Ek is net so. Wil alles presies reg he en presies weet en laat dit nou net nie so wees nie!!! :blush:

Weet nie hoeveel julle julle aan sterretekens se persoonlikhede steur nie, maar my man is 'n virgo en ek 'n weegskaal. Virgo is oor die algemeen 'n pyn in die agterent perfeksionis! Ek ttrek so sterk daarna, dat ons mekaar soms teen die mure uitdryf! Alles moet reg en perfek en op hulle plek wees! :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #44651 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
hi julle

ons is besig om die kantore vandag te 'soccerfy'! :) So was nog nie een keer in my kantoor nie.
Is eintlik al lekker uitgeput. die lekkerste natuurlik.... ek mag nie op 'n stoel klim of niks doen nie, die girls is te erg. maar dis eintlik meer frustrerend om net te staan en kyk hoe hulle dit doen.

Elise, hoekom sal jy induksie moet kry as jy op 29ste nog nie gekraam het nie? jy kan mos oorloop? my dokter het vir my gese ons kan al induksie gee op 12 Okt, 2 weke voor due date, en hy sal my laat loop tot 12 Nov, 2 weke na die tyd. ek sal natuurlik nie so vroeg dit wil he nie en ook nie eers die 12 de nie, dis darem baie laat :blink:

oor die birth plan. ek het al in boeke gelees van dat jy jou birthplan met jou dokter bespreek en dat dinge presies moet gaan soos wat jy dit in jou birth plan het. wel ongelukkig werk dinge nie altyd uit soos mens dit wil he nie ne. ek dink ook die veiligste is om dit met jou man te bespreek dat hy presies weet wat jy wil he en dat hy kan keer as daar dinge gebeur wat jy dalk nie wil he nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #44648 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Thanks, so mens hoef darem eers later daaroor te worry.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #44644 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen ek voel so n keiser is regtig net as jy nie n ander keuse het nie of so christa wat al ouer is en dit n gevaar in hou hierdie wat mense vir keisers gaan omdat hulle bang is vir die pyn is sommer piere kak sorry maar dit hoe ek daaroor voel.

So ver ek weet bespreek mens eers jou bed hier op 32 weke so ons het darm nog n rukkie voor dat ons dit moet doen en ek weet gewoontlik kry jy n hospitaal toer as jy gaan boek sodat jy weet waarheen om te gaan en wat wat

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account