Oor die birthplan. Ek dink dit is net belangrik dat jy met jou man bespreek wat jy graag wil en/of nie wil he nie. Wanneer jy in kraam is, is dit soms moeilik om besluite te neem (soms selfs te moeilik om te praat) As jou man weet wat jou wense is kan hy namens jou praat.
Elise, jy wat normaal wil kraam, sonder medikasie. Dit was my eerste opsie ook, ek het wel vir my man gese, as ek iets soek, laat hulle eers pethadene gee, voor hulle epudiraal doen.
Die pethadene is wonderlik, ek het gele en slaap deur my kraam pyne. As jy gelukkig is en vinnig kraam is dit meer as genoeg. Maar ek was te lank in kraam toe werk die pethadene later uit. En toe kom die pyn!! Ek het epiduraal gevat, en later het hulle anyway gesny, ek het ook op einde heel narkose gekry. (nagmerrie)
so maak nie saak wat jou plan is nie. Jou baba se geboorte is alreeds deur Groter Magte vir jou beplan. Die hele proses is baie emosioneel. Ek het vreeslik gehuil toe die dr vir my se hulle moet nou keiser doen. Alhoewel ek geweet het dit kon gebeur, was dit tog n groot teleurstelling.
Maar kom ons hou dit positief. As jy in hospitaal is, en jyt enige pyn, voor of na die tyd. Vra vir daai Pethadene inspuiting!!