file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #43299 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
lol! Nou grom my maag eers!

Gerne, ek het ook die Mommy 2 B shake, maar die Vanilla geur! Dis lekker, mix dit in as ek 'n smoothie by die huis maak!

Gooi: melk, piesang, enige ander vrugte soos appel, kiwi ens, scoop mommy 2 B shake, lepeltjie heuning, een klein bakkie yoghurt en blend dit alles saam! Baie lekker!!! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #43294 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More of nee middag almal.
Wel oor die kosmaak was ek ook nie lus om gisteraand kos te maaknie, so ons het opgeeindig met Melkkos. :blink:

Ek is O+ en manlief O- maar dis nie 'n probleem nie. :)

Die sonnetjie bak darem lekker buite, maar in die huis is dit maar koellerig. :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #43283 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
ek het lekker gekroek gister christa. sommer gesnyde ham en 2 klaar gaar stukke hoender gekry en blik gesnyde pynappel by spar. net rou bacon opgesit en kaas oor toe is dit klaar. o ja en avo na die tyd.
dit was alles so vinnig ek sal nie weer die goed eers alles self gaar maak en dan pizza bou nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #43176 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, lig daai Mom2B shake bietjie die energie vlakke ook, of is dit net 'n aanvulling? Ek oorweeg ernstig om daarvan te koop, maar kan nog nie besluit nie.

Ons wou ook pizza gisteraand, toe beduiwel tyd weer al my planne. Toe gedink aan gevulde "spuds", maar die was ook te tydrowend om eers 7uur te begin maak. Toe eindig ons met gebraaide eiers en polonie! (BORING!!!) :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #43164 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Aag lekker Gerne, jy moet dit geniet! Ek is so spyt, het verlede naweek my sus se seuntjie se bulletjie rugby gemis! Daar was aksie fotos in die plaaslike koerantjie en daai gesiggies is te kostelik vir woorde! :) Haar man werk in Afghanistan en was juis toe ook 'n slag by die huis. Ek glo hy het dit net so geniet om daai seunskind in aksie te sien!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #43159 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
elise ek het oorskiet pizza in my kosblik en dit is asof dit my aandag heeltyd aflei LOL, maar ek kan dit nie eet nie want dan het ek niks vir lunch nie.

snaaks hoe as mens lekker kos het jy net wil eet ne! ! ! gaan maar gou vir my 'n hot chocolate maak om bietjie vol te kom!

o ja, kan nie onthou of ek genoem het nie, het gister een van daai Mom 2 B shakes gedrink - het n sample gekry by die expo, dit is baie yummy. die strawberry een

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #43150 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
oe ons gaan die naweek bulletjie rugby toe. ag dis altyd so lekker dag en om al die kleingoed te sien rugby speel, dis so cute. daar gaan blykbaar die jaar vreeslik baie skole wees.

ek is net bietjie bang want DH werk en ek is bietjie skrikkerig om henko alleen te vat, nou nou hardloop hy voor die kids in en ek agterna met my pens. hy is nou 'n handvol, wil nerens in 'n trollie of karretjie wees nie, wil net loop.

maar ek glo ek sal steeds gaan, dalk maar my ma vra om saam te gaan.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account