file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #42915 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle!

Annalize, ek het nou baie lekker gelag! :laugh:

Wel my pasta en sous was baie lekker!!

June (dis my man) se nuwe golfstokke word vandag afgelaai! So ek is eintlik meer opgewonde om sy reaksie te sien as enigiets anders! :silly:

Janine, en Ashleigh, ek is darem nie te ver van julle nie, bly in Centurion :)

Ek hoop die mense maak gou klaar in julle plekkie Elise!

Ek voel natuurlik alweer 10 ton vandag! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42890 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
more almal

Hoe gaan dit met julle met ons gaan dit goed ek dink my snookums het redbull of play in die hande gekry van gister af is sy so bedrywig dat ek nie weet wat sy aan vang nie maar ek geniet dit baie dit voel wonderlik sy skop party keer net nogals hard. Pappa het dit omtrent geniet gister aand want as hy aan my maag vat dan skop sy dat die biesie bewe.

Ek het alweer kopseer maar ek dink dit is nou van die reuk in die woonstel en glo my dit stink.

Ek hoop die mense maak kla vandag sodat ek weer op my eie kan aan gaan want ek voel heel ongemaklik met hulle hier binne in my klein plekkie. Wel die mense by wie ons nou die plek huur het hom gister in die mark gesit so nou is dit n kwesie van tyd ek hoop net hulle kry hom verkoop voordat snookums kom.

Petro geniet die shopping!

Ek hoop ek kan vanaand kook is so lus vir daai eisbain ek kan omval.

O ja en ek het al my weetbix in vir die oggend en ek voel al kla weer n honger kol aan kom

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42827 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal,

Dit is bitter koud vanoggend. Wens ek was nog in die bed.

Gister was vir my so lang, ek hoop vandag gaan vinniger om.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42813 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Lekker dag, Petro! Hou van jou ticker! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42809 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
more almal

gaan alweet nie vandag saam kangesels nie. ek moet gou ingaan dorp toe op 'n paar goed vir die besigheid en die plaas en die yskas te kry.

lekker dag julle

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42778 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeie more almal! Hoop julle het heerlik gedoeks! :)

Annalize, jy het my dag gemaak! Daai vrou was seker boon-op 'n blonde ook! Ek kan eintlik die prentjie sien! Veral daai dubbellaag rooi lippies vol stof! Hahahaha! :laugh: :laugh: :laugh:

Janine, ek dink kos is die een ding waaroor ons seker elke dag hier sal praat! Behalwe dat ons seker almal omtrent permanent hongerig is, is kosmaak en kuier om die etenstafel seker een van die geselligste dinge wat daar is om te doen! (maar net my opinie) :)

Dankie vir die FB adres Annaliza. Nou kan ek ook so nou en dan gaan loer wat daar aangaan! Is maar skrikkerig, as gevolg van die gebrek aan privaatheid! :dry:

Lekker dag vir julle almal! Gesels weer later! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42748 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......

Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom sê hy vir liefie om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoof hek ontmoet.

So gesê, so gedaan. Hy het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie skote kort opmekaar hoor klap. Hy hardloop valval terug na waar die die stofwolk bo die doringbome hang. So deur die stof sien hy haar vaagweg en dit lyk op ‘n afstand kompleet of sy haar eerste epileptiese aanval beleef. Toe die stof effens gaan lê kry hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in ‘n klein sirkel soos ‘n rot wat te min gif ingekry het en sy praat onophoudelik op een van daai bloedstollende toonhoogtes wat uit paniekbevange desperaatheid gebore is. Tussen die gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in ‘n moerse argument met ‘n ander man betrokke en die kragwoorde rol die een na die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige rooi lipstick deur.

 
"Meneer, dit is my Kudu die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koeëls!" gil se terwyl sy die 30-06 se loop roekeloos deur die tonnels in stomme dier se skedel druk om te demonstreer.

"Goed mevrou, bedaar net!" sê die man vir die swaar gewapende en totaal histeriese vrouejagter. Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die KUDU vir jou. "Gee jy om om net jou safety op jou geweer te sit terwyl ek my fokkin saal en toom van jou kudu afhaal?!?!?!"

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account