file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #41615 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
more almal, ek het nou net toast met aromat en swart peper op geeet. mmmm... net daardie kol toegemaak.

jip, in ons huis is knoffel deel van elke aandete. kan nie daarsonder nie en is dit omtrent 'n krises as dit opraak en ek het nie gekry nie.

elise, ek maak vannaand tjips, lam tjops en gemengde groente. gooi die tjops en tjips op 'n bakplaat op waspapier in die oond en gemengde groete in die pot en tada! aandete met min skottelgoed.

ek het nie 'n idee wat ek vandag met myself gaan aanvang nie, maar sal wel iets kry.

geniet julle woensdag meisies. ons praat weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #41593 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
ek het myself belowe dat ek vandag ten minste soo bietjie moet saam gesels.

hoop julle het almal lekker geslaap, ek het soo paar keer wakker geword , en toe sommer gou gaan pieps.

voel bietjie beter vanoggend, maar ek is seker ek het blaasinfeksie

chat nou nou weer

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #41591 by Paisley
Replied by Paisley on topic Re:Oktober mammies 2010
more more dames!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Vandag is D day!! 12h30 is my doktersafspraak. Kan nie wag om te sien hoeveel hartjies daar klop nie!

TTC Since May 2008
Me: 29, DH 32
FS: Dr Pentz
IUI #1: March 2010 - BFN
IUI #2: 29 April 2010 - BFP on 8dpiui: 7 May
16 December 2010- Early onset of labour (Flat on my back for 2 weeks)
Drugfree natural birth - 1 Jan 2011 weighing 2.74kg (37w)
October, November 2011 - Chem Pregnancies
April 2012-Medicated Cycle: BFN
IUI#1(Yet again)- Planned for Aug 2013

ALL THE GLORY BE TO OUR GOD. FOR EVER AND EVER - AMEN!!

File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #41575 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeie more almal!

Elise, sterkte vir daai hoofpyn! Ek wonder of jy nie ook 'n mate van sinus het nie. Dit veroorsaak so 'n oe uitval kopseer.

Petro, al daai pyne is vir al so bekend! Partykeer voel dit of jy oral seer is en alles jou druk ,knel en knyp! Dis dan wat ek sommer voel om alles uit te trek en in die bed te klim! Die hittegloed is lekker deurmekaar hormone en die sooibrand is eenvoudig swangerskap! Probeer maar Gaviscon, dis aaklig maar werk beslis.

Gerne, ons is net so lief vir garlic. Eet dit op brood, in pasta en enige iets wat voorkom. Yummy! Jou broodjies klink heerlik! Ek moet dit ook 'n slag probeer!

Ek hoop ons sien die res darem hier vandag!

Lekker dag! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #41551 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
goeiemore. ek het al so baie gedoen gekry vanoggend, lekker man!

Elise, ek kom agter ek sukkel in die oggende vreeslik met sinus, het nou sommer water en 'n halwe acc200 vanoggend gehad toe ek my oe oopmaak. gelukkig darem nog nie erg kopseer nie. Sterkte daarmee.

Ons het gisteraand tenderised steak gebraai in die pan en mielies by en garlic toast. yum, het sommer 'n stukkie van alles in vir lunch! Die toast is vir my so lekker en maklik om te maak, ek maak dit sommer saam spagetti of macaroni. toast 2 snye brood. smeer botter en garlic op. rasper kaas op en bietjie kruie oor. bak in oond dat kaas smelt. sny in driehoekie. dis nou as jy van garlic hou!

petro, moet net nie te veel stress nie want dan gaan dit dalk erger word en dalk stress jy net oor niks. Dis nie goed vir jou of baba nie! Kom ek se vir jou - dit klink elkgeval vir my baie normaal, jy is swanger, jy gaan pyne orals he ;) sterkte man.

okay julle!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #41478 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal watte gesukkel om in te kom ek dink moomie is overloaded vandat almal geskuif het van pampers af.

Wel ek het vanoggend n moerse kopseer dit laat glad my oe voel of dit wil uit val ek gaan nou 2 panados drink en dan moet ek huis skoon maak en daai stryk werk doen, Het julle enige idees vir aandete?

Julle moet styf duim vas hou vir my ons kan moontlik in n groter plek in trek voor snookums kom en dit sal amazing wees kan nie wag om te hoor of ons dit kan doen nie.

Wel ek het baie om te doen sal heeltyd op bly en kyk wat julle gesels en sou nou en dan n breuk vat om te chat

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #41344 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Ola outjies


hoe is julle almal se week sover ? Ek het alweer 'n paar besige dae agter die rug

voel die laaste 2 dae aaklik, elke dag hier vanaf 3 uur se kant, erg hitte gloede, pyne orals en ERGE sooibrand. kani wag om volgende week dokter toe te gann, net om seker te maak alles is reg en uit te vind wat dit is

lekker aand vir julle almal

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account