Elise (Happy), die winter gaan glad nie pla nie. Dis mos soos die bosveld daar, so jy dra basies somers-klere met 'n trui of iets. Verder het hulle 'n lieflike binnes-huise warm water swembad, die lekkerste plek om te ontspan! Toe ons Februarie daar was, was daar seker omtrent 4 swanger vroue wat net in daai water gele het. Ek het toe nie eens geweet ek is swanger nie, moes so 5 weke gewees het. Weet nie hoe lief julle vir stap is nie, maar daar is heelwat staproetes ook. En dis regtig pragtig daar! Hou net die vensters toe vir die ape!!!
Wat die kleur van jou baba-kamer betref, werk die donker-blou daarby in. Net so spatsel hier en daar. Donker-blou werk in elk geval saam met alles behalwe bruin.
Gerne en Helene, wat sou julle die babas genoem het as dit dogtertjies was? Of wat van 'n kombinasie van ma en pa se name? Of wat is die oupas se volle name? Dalk kan mens daaruit iets saamflans. My sus se een seuntjie is Rohan, afgelei van die oupas se Ronnie en Johan. Die ander een is Marco, afgelei van ma en pa se Marle en Jaco. Jule kan lekker rondspeel met verbeelding!