file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #9481 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne ek dink ook Vrydag is 'n beter opsie as Saterdag. Dink dit gaan net te veel mense wees.
Ek wil sommer my ma ook vra om verlof te vat, want dis bietjie moeilik by sulke plekke met 4 kids as mens alleen is. Manlief sal definitief nie afvat nie, of dalk praat ek te gou. Moet hom dalk net eers vra voor ek vir hom besluit. :blush:

Hoop jou sussie raak gou swanger, dis bly maar 'n moelike een. Ek weet hoe ek die eerste 2 en half jaar elke maand gehuil het as ek nie swanger was nie. Ai tog.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9464 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo julle. Ag my hart word sommer so seer as ek so sukkel met hierdie site. ek kan dit nie verstaan nie. maar elkgeval, laat ek ophou moan.

Helene, darem is 12 mei om die draai!!! Geniet jou naweek.

Ek het gedink om die vrydag verlof in te sit en dan baba indaba toe te gaan, is bang Saterdag is 'n vertrapping! En my broer en sy swanger vroutjie woon in JHB so ons gaan sommer daar slaap.

Weet julle, my sus probeer nou al meer as 'n jaar swanger word, ek kry haar so jammer. sy het nou al 'n paar keer clomid gedrink maar wil niks gebeur nie. ek hoop hierdie maand is haar gelukkige maand. Dan word my boetie se seuntjie Junie gebore, ons s'n Okt en haar baba Feb, lekker naby mekaar!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9451 by Grenaat

16 years 5 months ago #9409 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne ek sal ook op die stadium se dogtertjie. Maar wie weet, sal maar moet wag tot volgende keer. :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9379 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene - Probeer suurlemoensap met heuning vir die verkoue. Die heuning is 'n natuurlike antibiotika en die suurlemoensap vol vitamien C.
Jy kan dit met bietjie kookwater aanmaak en soos medlemon drink.

My dokter het ook gese dis veilig om Echina Force tablette of druppels te gebruik, aangesien dit heeltemal natuurlik is. Ek drink dit as voorsorg elke dag. En dan moet jy maar rus, rus, rus! :huh:

Ons gaan die Saterdag dome toe, is te vas by die werk om weg te kom. :dry:

Hoop julle het almal 'n heerlike naweek! Ek het Maandag verlof ingesit, het dus 'n lekker laaaang naweek. :) :laugh: :cheer:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9374 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek het nou my lees les mooi geoeffen na ek al jul posts deurgelees het.

Julle moet 'n lekker naweek he almal.

More is my ouma se 80 ste verjaarsdag so ek sal seker nie inloer nie. Maar mens weet ook nooit.

Toedels vir nou eers.

O ja voor ek vergeet. Dink bietjie saam my vir 'n mooi seuntjies naam wat kom uit Andries Pieter.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9350 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi almal

Sjoe my internet was ag van gister af. Ek wil die ouens al iets aandoen, maar kannie want ons is buite dorp en kan nie ADSL lyne kry nie en het nou sateliet tipe iets. En vir net R200 uncapped kan ek seker nie kla nie.

Helene - ek drink ook sommer Vitathion (spelling) sakkies wat mens in water oplos. Sommer elke dag as voorsorg en dit help met die naar snaaks genoeg.

Ek dink ook die gratis dae by die dome sal beter wees. Maar dis nie 'n moet seker nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account