× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

6 years 1 month ago #281016 by Meisiekind
Hello julle!

Vir almal wat my nog onthou, ek het gedink dis tyd om weer 'n slag hier te loer na 'n lang stilte. Na 'n lang, harde, hartseer pad het ek vroeg laas jaar uitgevind ek is uiteindelik swanger (natuurlik!!) en sussie is toe September gebore. :D Ek dank die Here dat hy ons sover gebring het deur 'n lang en moeilike tyd (selfs na haar geboorte was my gesondheid nie goed nie).

Sy is al oor die 9 maande oud, groei met 'n spoed en kruip nou die hele huis vol. Haar ouboet is so lief vir haar dat ek besef die ouderdomsverskil waaroor ek al die jare bekommer het, maak nie saak nie. :)

Ek hoop dit gaan nog goed met almal van julle. <3

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!
The following user(s) said Thank You: Chazzy37, C@tha05rina

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 7 months ago #280645 by Bytjie
Hi dames,

Hoop dit gaan goed met al die groeiende en nie-groeiende pensies.

Wil net vir jul almal 'n Geseënde Kersfees toewens. Hoop julle geniet die dag met jul geliefdes, families en vriende en ook al die presente.

Mooi bly julle.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 8 months ago #280617 by joo~ste
StellaK
Mooi foto!!!
Ek sou wel aanneming oorweeg, maar my man ongelukkig nie.  Hy voel ongemaklik daaroor, is bekommerd dat hy nie oor 'n aanneem baba'tjie sal voel soos ons eie nie en is bang wat dit aan die dinamika van ons huisgesin sal doen.  Ek respekteer dit en kan dit verstaan.  Ek sou egter regtig graag nog 'n baba wou he en hy spot saam met my dat ons dan maar sal moet hoop ons sterilisasie misluk....

Ek weet dit is baie vergesog, maar ek regtig altyd elke maand hoop .....
Dit vat nie weg hoe ongelooflik dankbaar en geseend ek voel oor ons kinders nie.  Daar was 'n tyd wat ek nooit gedink het ons sou kinders het nie.  God is vir ons Groot in ons huis.  Ek dink baie dae aan hoe dinge sou wees as ons nooit kinders gehad het nie.

JUIS daarom liewe Zarah is ek so bly vir jou!!!  Ek kan nie wag om 'n foto van jou volgende sonar te kan sien nie.  So dankbaar dat jy dit kan ervaar!!

Bytjie....nou maar toe...dan sal dit ek en jy wees wat "wishful thinkers" sal wees in hierdie groep van nou af.  Ek lag my 'n papie dat ons altwee weer eendag 'n BFP kan vier!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 8 months ago #280616 by StellaK
baie dankie julle.
ja kyk, 'n miskraam ruk net mens se hele wese.
hier is 'n foto van ek en my manne - ek het hulle nognie vertel van die klein gevreetjie wat kom nie, maar ek vat hulle saam gynie toe volgende week.
G bid al 2 jaar lank vir 'n sussie en sover kon ek hom nognie oorreed kry dat ons gaan moet tevrede wees met 'n boetjie ook nie. 

Zarah, dit is so waar, ons het so baie emosies in mekaar invest. hierdie groepie is so in my hart deurweef en elke vrou hier sal ver ewig deel wees van my hart en altyd in my gebede wees. ons moet eintlik 'n what's app groepie probeer bymekaar kry dat ons kan kontak hou.

so lekker om van jou te hoor Jooste. sou julle dalk aanneming oorweeg?

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 8 months ago #280615 by Bytjie
Jooste, geluk met die komende verjaarsdag van jul jongste. Eks baie baie dankbaar en lief vir my twee seuntjies maar 'n ou dogtertjie sal nou baie welkom wees. Here's to wishful thinking or not aan ons twee se kant.

Zarah, ek dink arme Makro gaan nou bietjie verliese lei ne. Ek het weer so 'n jaar terug my eerste drankie in 4 jaar gedrink. En ek drink glad nie meer soos eers nie, skip sommer 3 tot 4 weke tussen drink sessies. My tweetjies is maar nog klein (4 en 2) en al my vriende se kinders is al 6 en ouer. Maar wat nou lekker is hulle kan nie genoeg van die ''cute babies'' kry nie so daar's altyd iemand wat hulle besig hou en dan kry ek 'n lekker rus sessie in. 

Staan sterk dames en hou ons asseblief op hoogte.

Ek hoop so van die ander dames laat ook iets van hulle hoor.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 8 months ago #280614 by Zarah
Baie dankie julle. Die "threatened miscarriage" het my heeltemal onder gekry en baie negatief gemaak. Ek baklei nog elke dag om positief te bly. Maar die naarheid en maag wat begin groei is darem goeie tekens. Hierdie is die langste wat ek nog moet wag vir n scan want met die threatened miscarriage het ek elke week gegaan.
Baie geluk Stella! Ek is so bly daar is nog iemand wat saam my swanger is. Ek voel omtrent soos agteros..kom ook in die kraal!
Al my moomie maaitjies en ander vriende se kinders is al groot.
Ek sal julle gereeld op hoogte hou. Dit voel ons het so baie emosies in mekaar invest.

Lekker naweek. Ek beplan om heel naweek te slaap!

p.s. Bytjie, die vreemste ding ooit is dat ek glad nie die wyntjies mis nie. Die reuk maak my so naar! As my ML ietsie drink oor n naweek kan ek nie naby hom kom nie! HAHA1 Wie sou kon dink? 

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 8 months ago #280613 by joo~ste
Hallo almal!!
Altyd so lekker as hier weer 'n bietjie aksie is na 'n wyle se stilswye!!

Hi Bytjie!!
Zarah!!!!!! - ek onthou hoe ek altyd na jou signature gekyk het en daardie woorde - "the end" was vir my altyd so 'n verskriklike ding om te lees.  Ek altyd so gehoop jy probeer tog darem weer!  Ek is SO OPGEWONDE OOR JOU 2LING!!!!!!!  Ek besef jy het 'n riskante swangerskap, maar ek is so hoopvol dat jy oor 30 weke vir ons 'n foto gaan stuur van jou volmaakte 2'tjies in die hospitaal en jy wat gloei van blydskap!!!!  Baie geluk!!!!

StellaK:
Hartseer nuus oor jou miskraam.  Dit bly darem die slegtste ding ooit.  So bly jy het weer probeer en dat jy nou weer swanger is.  Laat weet hoe was jou sonar!  Miskrame is geneig om so ons vreugdes te steel as dit by die volgende swangerskap kom, ek bid dat jy nie daaraan sal dink nie en net heeldag oor jou magie sal vryf en dankbaar wees vir die nuwe lewetjie!

Lynkie:
Sulke stories soos joune gee so baie ander vrouens moed!  Ek is so bly dat jy 'n besige 15mde kindjie het wat daar rondhardloop in jou huis.

Nuus by my:
Ons lewe is besig!  Maar ons kla nie.  I will never forget the days I prayed for what I have now.
Ek is besig om ons reenboog se eerste verjaarsdag te beplan (kan julle glo!) - en ek het nogsteeds nie die hartsbegeerte afgeskud vir nog 'n baba nie.  Ek dink ek sal seker eers ophou "wil swanger wees" as ek in my menopause is....ha ha!!

So bly dit gaan goed met julle almal!!
xx

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account