More almal
Happy Anniversary vir my! Beste 2 jaar van my lewe! Ek is so dankbaar vir Onse Vader wat vir my so n besondere man gegee het wat my deur als bystaan
Bea, dankie vir die info. Ek het met FS gister gepraat en hy se min of meer wat jy se. Hy sny nie sommer nie en het gese ons kan weer praat voor IVF. My ML is ook glad nie n fan van operasies nie. SO ek gaan maar net rustig wees.
Vriendin, ek kan nie se ek weet hoe dit voel om 3 BFN te kry nie, maar ek kan my indink dat dit redelik rof moet wees op die gemoed. Vat n bietjie tyd en connect weer met jouself, jou man, dogtertjie en God.. Sterkte en geniet die konferensie.
Lagogies, dit is darem nie lekker nie. Vat jou tyd en ons is altyd hier.
Chrizzie, jammer as ek gemis het, maar wanneer doen julle FET? Ek was ook by Dr S. Hys n great Dr en die enigste rede dat ek weg is by hom was finansies. Hy was ook nie n groot fan van IVF nie. Ek e-pos hom nog gereeld oor my vordering maar het nie die hart gehad om hom te laat weet van die BFN nie.
Naomi, ek het saterdag gebraai vir my man en lekker Boschendal Blanc de Noir gedrink. Jy moet dit probeer! Dis n somer wenner. Dis n rose maar nie soet nie..
Al die ander dames... ai, 2013 lyk maar nie te great nie... Maar dis nog nie verby nie.
Hou moed!
Lekker dag!