Hello almal!
Nunukie, so goed om van jou te hoor.

Dankie vir die goeie wense. Kan dink jy tel die slapies af tot April, want jy't baie om na uit te sien. Ek dink ook dis 'n goeie idee om intussen die beste te maak van ovulasie (veral omdat dit so gereeld is), want wonderwerke gebeur ook.
My laparoskopie en histeroskopie was Dinsdag gewees. Het gesukkel met die nagevolge van die narkose en was lank in die recovery room. Die res van die dag was ek baie slaperig en naar (

en niks wat ek geëet het, het binnegebly nie). Die volgende dag was ek gelukkig baie beter gewees, so het net 1 nag in die hospitaal oorgebly. FS sê als het goed afgeloop. Hy't endo agter die baarmoeder verwyder, asook 'n ekstra "aanhangsel" aan een van die buise wat moontlik probleme sou kon veroorsaak (ek ken nie al die terme nie so kan dit ongelukkig nie op 'n beter manier verduidelik nie). My opvolg besoek is middel Maart, waarna ons weer kan TTC.
Ek is afgeboek vir amper 3 weke (nie seker hoekom so lank nie?), maar is seker ek gaan lank voor dit al gereed wees om 'n normale dag se take aan te vat. So sal maar kyk wanneer ek weer gereed is vir werk. Op die oomblik vat ek dit nog rustig en doen nie te veel nie. Skouers nog seer soos verwag, maar darem nie meer so erg soos vroëer die week nie.
Maar genoeg van my. Hoe gaan dit met almal? Dis maar stil hier rond.
Lekker naweek almal!