Hi, Fairymommy
Ai, ken ek nie daai struggles nie. Ek smeek al soos Rebekkah in die Bybel vir ons eie baba, maar dinge gebeur net nie soos ons dit beplan nie.
Ek het op 'n vorige geleentheid genoem dat ek en manlief nou besig is met 'n reeds toetse om te bepaal of daar nie iewers dalk 'n foutjie is nie. Manlief se toetse is toe laasweek gedoen en is skoon. En Donderdag is ek toe ginekeloog toe. Daar kom ons toe agter dat ek geensins ovuleer nie. En dit in die middel van my siklus op CD 12 - Ek was so hartseer, want uiteindelik weet ons waar die fout lê, en dit is by my. EK is nou op medikasie gesit om my hopelik te help ovuleer - 'n Dubbele dosis Fertomid, onder Dokter se toesig en moet op CD 10 van my volgende siklus gaan vir 'n scan om te kyk of die medikasie gewerk het.
Ek sê vanoggend vir my man as ek nie met my eie twee oge gesien het dat daar geen swart follicle kolletjie iewers op my scan was nie, sou ek sweer ek het of is besig om te ovuleer. Ek het al die simptome, van lae rug pyn, die twinges in my buik, krampe en Eggwhite CM - Ek het toe 'n uitslag om my ken. So nou voel ek my lyf speel tricks op my - Dit is so frustrerend.
Ons bid al so lank en beplan al so lank, maar dit was net nog nie die Here se tyd nie. Soos Rebekkah en Hannah in die Bybel, gaan ons aanhou bid en vertrou. Dit is moeilik, ek weet. Ons gebede kort uithouvermoë, het ek gister in die Kerk gehoor. Ons moet knaend bid. Totdat die Here antwoord. 'n Kind is 'n teken van die Here se seën en guns op ons lewe. Ons het daai seën en guns - Nou moet ons begin dankie sê vir die blessing.
Sterkte aan julle. EK is ook geneig om te symptom spot, maar met die meds waarop ek gaan, gaan ek dit eerder nie probeer nie. Die medikasie se negatiewe effekte is baie dieselfde as swangerskap simptome, so ek sal maar net moet wag en sien.
Hoop die res van die girls hier by ons het 'n heerlike week en dat daar sommer binnekort 'n paar lekker BFP's gaan wees. Bid saam met julle vir hierdie groot wonderwerk.