More almal
Meisiekind...sterkte vir LAP. Dieselfde FS het myne ook gedoen. As als "mooi" lyk binne, kan jy dieselfde dag huistoe kom. As hy iets moet regmaak (endio, Pollups, tubes ens) dan sal jy oornag en langer afgeboek word van werk. Ek was amper 3 weke afgeboek. As niks groot fout is nie, is jy gewoonlik binne 2-3 dae terug by die werk
Fairymommy - Jammer vir die BFN en sterkte met die AF heks
HoopvirdieBeste - Sterkte vir 2ww....dit is altyd vir my die ergste..die wag en onsekerheid en simptome en en en...
MarethaS - Hoe gaan dit met die simptome? Hoop jy voel al beter
Wel, hier gaan dit nog goed. Ek dieet nog STRENG, maar ai, die gewiggies val maar stadig. Sover is my siklusse baie gereeld na die miskraam. Ek en ML het getrou gelieffies oor Ovulasie...vir ingeval 'n wonderwerk kan gebeur....maar ek hou nie my asem op nie. Ek net bly my siklus is gereeld sonder meds.
My afspraak by FS is gemaak vir 16 April, so nou tel ons die slapies af vir ons vakansie in April en dan weer die laaste TTC "journey" vir ons.
Julle moet 'n lekker daggie hê!