Sjoe Tanzie!

Baie geluk! 'n Strepie is 'n strepie, al is hy ook lig. Mag daar 'n baie gesonde swangerskap vir jou voorê!
Soos Zettie sê, ek dink ook jy moet môre nog een doen. Is seker dit sal heelwat donkerder wees en jou nog meer gemoedsrus gee. Of andersins gaan sommer direk vir bloedtoets.
Goed dat ons sommer die jaar met 2 BFPs afskop.

Of hooplik is daar al klaar nog waarvan ons nie weet nie.
Ons was vandag by FS gewees. TTC planne is nou on hold vir die volgende 6 weke - gaan oor 2 weke vir 'n laparoskopie en histeroskopie en blykbaar moet ek daarna nog 3 - 4 weke wag voor ons verder kan TTC. Die plan is dan om daarna ons 1ste KI te doen. Die prosedures is om te kyk of my buise nog oop is en of daar enige endometriose is. Ek het mos gereeld pyn in my onderlyf agv IBS, so hy wil seker maak dit steek nie enige endo weg nie. En ek het juis soveel pyn gehad met my laaste AF. Wat hy ookal vind, ek glo en vertrou dat alles reg sal uitwerk. Ten minste voel dit of ons vorentoe beweeg.
Lekker week almal!