More julle!!
Naomi, ek is baie bly alles lyk of dit goed gaan!! Het jy nou al jou eerste scan gebook?
Bea, bly om te hoor alles het so goed afgeloop met die histeroskopie. Nou sien ons saam met jou uit na daardie volgende IVF!! Dit het my ook nogal nou verbaas om te sien hulle gan jou MINDER stimm om MEER eiertjies te kry... Weird
Welkom Amandatjie! Ek hoop die Fertomid help vir jou en dat jy nie baie lank hierdie paadjie hoef te loop nie.
Stella, dis seker verskriklik frustrerend om heeltyd so te moet twyfel!! Het jy toe gegaan vir die bloedtoets? Laat weet ons asb dadelik as jy iets hoor.
Bella ek hoop jy kry 'n ordentlike plan van aksie more. Het jy gesê jy gan vir dr Siebert sien? My heel eerste konsultasie by 'n FS was by hom. Verskriklike nice dokter. Sterkte en laat weet ons wat hy sê!
Zettie, ek hoop nie jy hoef baie lank te wag vir AF nie, sodat dinge nou weer kan gebeur vir jou ook!!
Zarah, wanneer verwag jy AF?
Hallo aan al die res...!!
AFM, ek het besluit Murphy (van Murphy's Law) moet 'n vroumens wees!! En sy is n absolute B*I*T*C*H

Vir die laaste 3 of 4 maande het my spotting BAIE verbeter, net 'n dag of 2 voor AF gespot. En nou die maand, wat ek moet gan vir IUI, het ek sommer al Saterdag begin spot...
9 DAE voor AF veronderstel is om te kom!!!
I GIVE UP!!! Ek sê julle, my lyf dryf my teen die mure uit.