× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #127326 by Tienka
More almal, hallloooooooo Mommy, so lekker om jou weer te sien. Ons soek sommer baie foto's!!

Ai Driekie, dis nie lekker nie, arme ou honnie!! My boerboel sukkel ook partykeer met die agterlyf, sy het arthritis, dis regtig nie lekker nie.

Ons honnie is ook nog by die veearts, hy raak darem beter maar het nog spuitpoep, hoop regtig hy kom die naweek huis toe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127325 by Strik*kie
More more

Julle ek is so bly vir Sunrise, ek volg haar storie al van PF af en uiteindelik na al die tyd met unexplained infertility is sy uiteindelik preggies :woohoo: Ek is so bly vir haar ek sit eintlik in trane!!!!!

Ok hoe gaan dit met almal.

M2M, jip ons wag vir nice foties!!!!! Welkom terug!!

GB sorry boeta wil nog nie eet nie, gee maar nog kans. ;)

Hey Slakkie, ek stem ek ook bang vir die kraamding. My dr het gese sal in alle geval keiser kry en nie normaal nie, maar nog steeds ;) Hoe gaan dit?

Hallo Hexy, hoesit?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127323 by Slakkie
Goeiedag pragtige dames!

Jong ek is nog nie eers swanger nie en is klaar bang vir die kraam ding!

Julle moet gaan kyk op FB daar is 4 kiekies van Skapie se babatjie, sy is die MOOISTE dingetjie die pragtigste donker haartjies en lekker baie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127318 by G Baby
More more girls! Hello Mommy - lekker om van jou te hoor-sal graag bietjie die kleinding wil sien,so kom wys asseblief bietjie fotos van hom.
Driekie jammer van julle woef te hoor,dis altyd hartseer om 'n hond te verloor. So 2 maande terug het ek mos per ongeluk oor ons corgi gery en haar onderlyfie het ook so seer gekry dat hulle haar moes uitsit,sy was maar jaar oud,my hart was baie baie seer. Ons kry darem oor so 4 weke 'n labrador pup en ek en die kids kan nie wag nie. Soek mooi naam vir haar-so enige voorstelle welkom.
Ek gaan nou ry-het paar geod om te doen in dorp vir dh en kos koop.
Julle moet lekker naweek he.

O het toe begin pap gee vir de nys-wat 'n disaster. Hy haat dit en maak homself naar en slaap toe sommer ook baie sleg. EK het vir 2 dae probeer maar nee,ek gaan nou maar nog 2 of 3 weke wag. hy nog nie lus vir kossies nie,nog tevrede met sy mamma melk,of so kom dit voor. klein klits!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127309 by Driekie
Helloooo sommer vroeg van my af!

Hi Mommy - long time no see!!!!So bly jou kids is gesond en aan die gang!!

Hi Hexy en almal anders wat nog gan inlog!!!!

Vandag is baie sad!Ons liewe lawwe Brakkenjan hond gaan veearts toe en ek het so n vermoede hulle gan hom uitsit!Hy's n boxer-boerboel kruis en is nou so 12/13jaar oud en sukkel sodoende vreeslik met sy onderlyf
Van gister af kon hy glad nie op die linker-agterpoot trap nie en hy't heel aand getjank laasnag (my skoonpa moes vir hom water ens aandra want hy kon nie loop nie)..en nou vanoggend kon hy glad nie opkom nie en het skoon gebewe van pyn..
Hy's die mooiste mooiste ou honne!!Hy's so Beige/geel tipe kleur en het geel oe...en hy is regtig die liefste liefste ou woef en hy en Markus is mal oor mekaar!

Verder - yeeehaa - die meds doen sy ding en ek en Markus is weer so te se gesond!Manlief ook so lyk my die twee middae af met slaap en die meds het hom ok gehelp!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127287 by sexy~hexy
More almal :)

Mommy!!! Bly om jou weer te sien :) Ja en ons soek fotos hehehe!!

Hoe gaan dit met al die ander?

Vandag toets Ella mos weer....ek hoop regtig haar telling het al verdubbel!!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127280 by Mommy2Monster
more jule oulike girls!!!

long time no see ;-)

maar nous my lappie weer gesond en ek moet begin pics load.

wat maak julle wats nuus??? ek gaan duidelik nie kan terug gaan en AL die posts lees nie ....

klein liampie is te oulik, lyk soos die MONSTER maar is baie rustiger en 'n regte ou engeltjie

lekker daggie en chat later weer

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account