Jip Jooste, dis wat ons doen. Ek bly 200km van haar af, maar as ek vir my ma gaan kuier dan hou ek haar tweeling by my vir die week en spoil hulle in die grond in. Dis my sussie se kids en hulle is nou 5jr oud. Hul papa is oorlede toe hulle 2 en 'n half was, en van toe af het sy net die pad byster geraak. Mens kan niks se nie want dan vat sy die kids weg en ignore jou vir wie weet hoe lank. My ma try hulle meestal by haar hou, en my sussi gee gelukkig nie om nie, want hoe minder sy hulle sien hoe beter vir haar.
Toe ek daar was vir 'n week in September het sy nie eers probeer stry toe ek se ek soek die kids by my vir die week nie, sy was maar te bly. Dit was die beste week van my jaar. Ek lief hulle vreeslik baie. Ek het hulle groot gemaak vandat hulle 'n maand oud was tot 18mnde oud, want ek op daai stadium nie werk gehad nie, en sy wou terug werk toe asap, en ek sou na hulle kyk tot 2jr oud, maar toe besluit sy hulle raak liewer vir my as haar toe vat sy hulle weg. Nou intussen is ek getroud en bly twee ure se ry van haar af, en mis hulle vreeslik baie. Dis een seuntjie en een dogtertjie. My fb het meer foto's van hulle op as hare! Dis hoekom ek gese het dis baie close to home. Anyway dit was seker nou tmi...