× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 days ago #120022 by Lia
More more dames,

Nykie sterkte !!

Marie, dit klink so lekker, ek kan nie wag om eksamens oor te kry nie, dan kan ek begin fokus op baba en baba kamer. Sterkte met al die goedjies wat jy moet doen - jy klink bedrywig.

Morgan, sy word nou te vinnig groot, kan nie wag om 'n koffie te reel na die eksamen, dan doen ons dit sommer by my of jou of wie ookal se huis - dan kan ek lekker speel.

Ella, FXFXFX is al wat ek gaan se.

Hallo aan al jul ander girls.

AFM: Ek het gisteraand weer 'n wonderlike oomblik gehad. Lang storie kort, julle weet hoe julle partykeer lus is vir iets, maar kry dit net nie, wel gisteraand kry ek dit en order dit, 'n kaas en tamatie toasted sandwich met regte egte kaas, nie fake processed kaas nie. Die girl vertel my hulle masjien wat die broodjies maak, squash dit plat plat en sy stel dit nie voor nie, my man se toemaar solank julle regte kaas gebruik, maak dit nie saak nie, my vrou is lankal lus vir dit. Die girl se: Wat, is jy swanger? (half sarkasties) En ek my man se gelyk: JA !! Dit was 'n lekker oomblik !! In elk geval as ek nie geweet het ek is swanger nie, sou ek dit die laaste paar dae nie gedink het nie. Voel so normaal soos altyd, behalwe, ek soek nogsteeds die bed vroeer in die aand.

Julle girls moet 'n lieflike dag he !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #120018 by Beertjie
Lyk of my tickers weg is :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #120015 by Beertjie
More, more, more almal!!!!

Ai wat 'n laaste 2 dae het ons nie gehad nie! Hier was 'n stof storm in ons midde...alles wat weg gewaai kon word is weg!!!!
Dit het my gister heeldag geneem om die ergste grond uit die huis uit te kry... dakke het opgelig bome het omgeval augers van silos het af gewaai..dit was vreeslik! Verder gaan dit goed met my en baba... het net kwaai pyne om die buik.

Sien ons het 'n nuwe dame in ons midde... welkom Nykie! en gaan toets girl, ons hou sterk duim vas!

Ella wow vir daai eiertjies! Ek sien uit na jou en Lalie se uitslae die maand!!!! Altwee BFP!!!!!

Hexy hoe voel jou man vanoggend?

Morgan ek sal gaan kyk en vir Carli stem.

Anje sien jy het gister eksamen geskryf.. hoop als het goed verloop. Hoe gaan dit met ma en baba vanoggend?

Aan al die ander wat ek dalk nie kan onthou nie (poeding brein)bid dat julle gou sal preggies raak!

Hoop almal het 'n lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #120013 by sexy~hexy
Ag nee man Nykie...jy het ons nou almal laat uitsien hehehehe. Gaan jy dan more POAS en gaan vir bloods?

Marie nee dis reg, ek het gemeen jy moet kom fotos post na als klaar is ;)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #120012 by weeskind
More almal!

Jooste ja, ek dink almal vra een of ander tyd daardie vraag. Net gister oggend het ek en Hexy op skype gesels en ek het presies dieselfde ding vir haar gevra @ hoekom sukkel party mense en ander kinder mishandelaars kry kinders by die dosyne. Ek kan nie een keer daaraan dink sonder om kwaad te word nie, aangesien ek self iemand ken wat haar kids mishandel, en niemand niks daaraan kan doen nie. Baie close to home though.

Maar dankie Anje vir jou positiewe boodskap oor dit. Dit het my sommer dadelik beter laat voel, en was 'n ware inspirasie. Baie sterkte met jou swottings. My grootste droom is om met kids te werk. Ek wil so graag deel he aan hulle karakter bouing in die eerste sewe lewensjare. Die Here het 'n passie in my hart gesit om met kinders te werk, maar ongelukkig laat omstandighede buite my beheer dit nie toe dat ek my droom kan uitleef nie.

Nykie, ek sien jy online... het jy toe op stokkie ge-p-p? Darm nog net 'n halfuur voor jou afspraak.... kannie wag om te hoor nie, en hou al my tone en duime vas vir BFP

Wel, dis al wat ek nou kan onthou. My laptop se charger het die gees gegee (het laptop nog net drie maande) so moet hom seker sumtime invat Matrix toe. Ekke voel vandag baie beter en kon eintlik seker maar gaan werk het, maar dis net so lekker by die huis. Dink my liggaam het die rus nodig. Was amper twee jaar laas op verlof. DH se hy dink dis hoekom ek so siek geword het. So dis lekker om net te loaf vir 'n verandering :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #120003 by Nykie
More pragtige dames.

Dit lyk nie of ek vandagsal gaan toets nie! Werk is n nagmerrie met 2 deadlines more. Wat dalk n goeie idee is want vandag os dpo 16 so as ek more geen af het nie is dit beter!

Plus ek dink ek is n bietjie van n sussie!!

Anje dankie vir die story!! Onderwysers in die dae is so belangrik!

Ella bella - fx fx fx fx

Al die ander dames lekke daggie!!!

TTC 2007
IUI Aug 2011 - BFN
IVF Oct 2011 - Testing 28 Oct

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 days ago #119995 by marie r
Môre julle.

Jammer ek's so stil, maar ek het soveel goed om te doen voordat ons oor 7 weke see toe gaan. Alles moet mos hier aan die einde van die jaar gebeur. So die dae wat Eduan skool toe gaan gebruik ek my kanse, want as hy by die huis is kry ek niks gedoen nie. Hy soek dan heeltyd my aandag of ek moet heeltyd saam met hom speel.

Hexy ek kan nog nie foto's kom post van die kamers nie want alles is nog so deurmekaar. Ek wil eers alles teen die mure hê ens voordat ek Eduan skuif na sy nuwe kamer toe. Hopenlik sal Johann teen die naweek al die gate geboor hê en dan kan ek die kamer van bo to onder en die kaste uitwas en dan volgende week Donderdag is die groot trek. Dan kan ek eers begin met Marinus se kamer. Gelukkig is my ma al besig om die gordyne en beddegoed te maak. My pa moet net 1 of ander tyd die kot kom haal en hom vir my oor verf, maar dit sal seker eers vroeg volgende jaar wees.

Ella, sterkte en ek hoop ook daar's sommer 2 babatjies......

Nykie, hou duim vas en ek kan nie wag om die uitslag te hoor nie.

Slakkie, jammer oor AF.

Kan nie veel onthou verder nie.

AFM: Dit gaan goed met my en Marinus. Hy's omtrent bedrywig hier binne. En sjoe, dit voel asof my boepie nou vreeslik begin uitsit. Sal weer Maandag 'n foto kom post, dan's ek 24 weke.

Lekker dag en praat weer

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account