Ok, ek is nou net te lui en te moeg om te werk, wil nou net huis toe en gaan slaap, maar moet nog vanaand vir my man se nig gaan kuier in hospitaal (knieg operasie en sy kom van ver) en ek moet nog bietjie leer.
Jooste, ek lees nou jou inskrywing en dit is presies hoe ek gevoel het. My eerste MC was nie vir my so erg nie, want ek het aanvaar dit gebeur gereeld, maar na die tweede het ek al hierdie vrae gehad en daar was niemand wat dit kon antwoord nie. Ek het al hierdie emosies gehad, maar dit was niemand se skuld nie en ek kon dit op niemand uithaal nie. En ja wanneer jy weer swanger word, glo my, al wat jy kan doen is bid en hoop. Bid en hoop jy het die regte dr wat jou van die begin af sal reg diagnoseer sou daar probleme kom en bid en hoop baba is gesond en normaal.
Hierdie swangerskap van my het ook met dreigende miskraam begin op 6 weke, my FS het my reg behandel en my elke twee weke gesien en ek dank die Vader elke dag daarvoor. Jy bid so baie, jy bid voor jy die toilet besoek dat daar nie bloed sal wees nie, as jy klaar daar was, bid jy dankie dat daar niks bloed was nie, jy bid vir elke krampie wat jy het en selfs wanneer daar 'n dag verbygaan waar jy nie 'n krampie gehad het nie.
Maar as ek terug kyk na my MC's en my omstandighede toe, weet ek dit was nie die regte tyd nie, daar was te veel aan die gang. Nou kan ek net op my en baba fokus. So ek glo God het geweet wat Hy doen.
My punt is eintlik, daar is soveel vra, maar nie noodwendig antwoorde nie. Mens maak eventueel vrede daarmee en dit doen elkeen op sy eie tyd, en jy bly op jou kniee en bid, want op die ou einde van die dag is dit al wat jy kan doen. Mens verstaan dit dalk nie vandag nie. Ek glo ook dit is waarom daar FS'e ens is om ons te help, want ons kan nie alles altyd onsself doen nie.
Dis soos Hexy altyd se, om swanger te wees is om geloof te he, jy kan dit nie sien nie, maar jy glo, bid en vertrou alles is ok.
Ek verstaan hoe julle voel, die onsekerheid is die ergste, maar hou moed, eventueel val alles in plek soos dit moet wees.