Ok, ek is terug, klaar geskryf en dink dit het goed gegaan, sal maar sien as die punte kom.
En toe is daar baie om op te vang en die dag is nog nie eers verby nie.
Marie, sjoe jy is besig jong.
Oooh Weeskind, dis nou gaga !!Kan nou nie iets se oor GP se scan nie, was dalk ‘n bietjie vroeg, wag maar vir gyne afspr. Geniet jou week af !!
Hexy, ai die arme manne vat dit ook swaar, hulle werk dit maar deur op hul eie manier. Myne het nie juis met mense gepraat nie, net harder gewerk. Maar dink dis goed dat jy iets kon reel vir hom. Hoop die dr kan met jou opvolg afspr meeste van jou vrae beantwoord.
Ai Ankia, die hart wil he wat die hart wil he. Ten minste gee julle nog nie op nie. Hou net moed, eventueel sal dit gebeur. Baie Baie Sterkte !! (((HUGS))) Ek moet se ek het baie respek vir jou wat op jou eetplan gegaan het en daarby hou – min mense kan dit doen. Ek glo teen Jan het jy al jou target gewig bereik en dat jy sommer vinnig dan sal swanger raak. PS: Huiskoop is lekker, darem iets om na uit te sien. Moet asb. net nie verdwyn nie.
Charlaine – whooohooo vir AF.
Tanasha, Donderdag is darem om die draai, ek hoop van harte daai groot word kan met ‘n pilletjie reggemaak word.
Jooste, bly jy voel beter.
Driekie, moenie sleg voel nie, ek onthou nou nie meer se lekker nie. As ek begin opvang, dan tik ek op word my bdskp vir elk en op die ou einde copy en paste ek net.
Nykie – Hoop AF bly weg !! FXFXFXFXFXFX
Hallo aan almal anders !!
Geniet jul dag, ek het nog werk om te doen.