Goeie more amal! Sjoe dit het my 'n volle twee dae gevat om alles op te vang van bl 545 af...my ogies brand sommer so van al die lees, en weet nie eers hoeveel ek kan onthou nie!
Hexy ek is baie bly jou vriendinne het jou so gespoil die naweek!!! Hoop dit het jou sommer baie goed laat voel.
Nykie, ek is self nog maar net twee weke hier, en kry nie baie kans om te chat nie maar baie welkom. Dis die wonderlikste klomp mensies hier wat ek nog ooit gesien chat het
Slakkie, jammer oor AF gister!!! Wens ek kan daai heks se besim anni brand steek vir almal wat so moet sukkel
Liz jammer oor jou ongevraagde AF ook!
Uhm... verder as dit kan ek nie te veel onthou nie.
My update: Kan al vir twee weke lank niks eet nie, of dit kom weer net so uit! Ek bly naar 24/7 en nie net innie oggende nie

Ek hou niks van groente oor die algemeen nie, maar is mal oor my vleis, maar nou as ek net die reuk van vleis kry dan moet ek badkamer toe hol!!! Glad nie nice nie. Die enigste iets wat my sover nie naar maak nie is naartjies en vrugtesap.
My manager by die werk het laasweek maag griep gekry en ek hom so mooi gevra om eerder dokter toe te gaan en af geboek te word want ek WOU nie dit ook kry nie, maar hy nie geluister nie, en ja toe steek hy my aan... was Saterdag so siek by werk dat ek toe dokter toe is en toe boek hy my af tot gister toe. Gister besluit ek toe wel al is ek nog afgeboek sal ek braaf wees en maar gaan werk... groot fout. Het toe baie sieker geword by werk en is toe weer terug dokter toe wat se ek is amper heeltemal gedihidreer en wou my innie hospitaal opneem maar met die dat ons medies nie reg is nie, het hy my toe maar net vir die res van die week ook afgeboek en gese ek moet in bed bly en baie fluids drink.
Bietjie worrying: Toe ons saterdag by hom was het hy 'n scan gedoen (hy net gewone GP, was nog nie by Gynie nie) maar kon niks sien nie. Maar hy se dit kan wees dat ek my datums met 'n paar daggies kon verkeerd he en daarom is baba dan nog te klein om opgetel te word, so gaan volgende vrydag dan vir nog 'n scan (dan is ek volgens my eie calculations veronderstel om 9weke te wees)
So goeie nuus is dat ek lekker die week saam kan chat oor ek afgeboek is