× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 day ago #119678 by Nykie
Jammer Ankia!!! Wens die heks wil weg bly!! En geluk met julle herdenking

TTC 2007
IUI Aug 2011 - BFN
IVF Oct 2011 - Testing 28 Oct

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119672 by sexy~hexy
Ja nee Ankia, ek stem met Strikkie, jou gewigsverlies is FENOMENAAL :) Ek kyk elke keer hoe vorder dit, en dit is regtig inspirerend. Ek moet dit ook doen, maar ja. Met net een voertuig is dit moeilik om in die middae na werk bv te gaan gym, want DH werk en wie kyk dan na Jayden...ons probeer gesonder eet so dis al klaar 'n groot stap. Maar ek weet fisies moet ons ook iets doen.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119671 by Strik*kie
Ai Ankies, jong vet drukkie vir jou. Ek kan nie vir jou in woorde se nie, maar ek dink aan jou. En well done met die gewigsverlies, het gesien jy het al baie verloor, jy het guts hoor. mwah

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119668 by Nykie
Dankie almal!!!

Ek dink ek sal donderdag toets as sy nie kom nie!

Lekke daggie almal!!

TTC 2007
IUI Aug 2011 - BFN
IVF Oct 2011 - Testing 28 Oct

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119667 by Goggatjies
Ek en Petrus het besluit om William van volgende jaar permanent in die kleuterskool te sit (dit breuk my hart), maar as ons kyk na geld, maak dit sin.

op die oomblik betaal ek die nanny en die speelgroepie R3100 per maand, waar die kleuterskool my net R1500 vra 'n maand, en ek hoef niks saam te stuur nie, absolute niks nie.

Ons wil volgende jaar huiskoop, so ons moet bietjie geld spaar, en die kleuterskool is baie nice, dit is 2 blooke van my ma-hulle se huis af, so hulle kan hom ook gaan haal as hulle moet.

Dan die begeerte vir nog 'n kind, dit is moeilik.

Tanasha, ons het besluit ons sal tot Januarie wag omdat ek wil gewig verloor, en ek wil saam met my kinders kan speel en op die grond rond rol, en saam met hulle kan hardloop, dit is nie so maklik as jy baie oorgewig is nie. Ek kon skaars 10 weke terug een keer om die swembad hardloop nie, nou gaan dit al baie beter.

Het maar 'n moeilike week, moet na 'n doop toe gaan, so moet gaan foto's neem van 'n klein ou dogtertjie, so dit is nie maklik nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119658 by ChaNa
Hi Almal

Ek gani personals doen nie, wil net hi se.

So gister was my en DH se 2de huweliksherdenking, kani glo dis al 2 jaar nie.

AF het toe uiteindelik haar kop uitgesteek.

Bly dit gaan goed met jou Ansa, baie sterkte.

Lekker dag almal

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 day ago #119647 by TaNasha
Hallo almal!

Nykie, as jy weet hoe lank jou siklusse gwoonlik is sou ek wag tot jy laat is om te toets. Laat weet ons wanneer jy gaan toets? :-)

Ankia, ons almal weet hoe dit voel. Hoekom gaan julle wag tot Janurie? As ek mag vra...

Hoe gaan dit met almal anders?

Hier is nog geen AF nie, ek het vreemde krampe, ek het nooit enige symptome voor AF nie, maar miskien is dit n teken dat sy oppad is? Die ontvangsdame by die fs het ook gister gebel en hulle vermoed date k oligomenothea het, so ons sal maar Donderdag hoor wat dit alles behels. Toe ons begin TTC het het ek nooit gedink dit sal so moeilik wees nie. Almal het ons mos altyd gewaarsku dat jy so maklik swanger kan word. Ek wens ek kon perongeluk swanger word.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account