Ek is terug, net om op te vang en weer te groet.
Dankie Ankia, geniet die trade !!
Dankie Beertjie, ek het ook nie op 8 weke getoets nie, maar lyk darem of jou telling reg is.
Ansa, daardie los knoop is maar net die begin En ja, ek het Salex gebruik op 4-5 weke en dit was deur my dr voorgeskryf, dis al wat hy vir my wou gee op daardie stadium.
Drixter, ek is bly jy het die dag gevat, jou lyf se mos vir jou wat jy nodig het. Dis darem amper naweek.
HI Happy, sjoe die tyd raak min ne !!
AFM: Ek wou baie graag eers wag tot einde Sept voor ek nuwe klere koop, maar ek kry nie meer my broeke toe nie, so ons gaan maar die naweek plan maak. My baas dink dis ‘n seuntjie. Nou wat ek so vinnig uit my broeke groei begin ek ook so dink, hulle se mos ‘n seuntjie groei in jou boude….lol.
O ja, Drix, ek weet nie hoe laat jou afspr is nie, maar jy moet asb. kom rapporteer so gou jy kan. Geniet dit !!
Morgs, jy maak vir Carli reg groot !!!
Julle girls moet ‘n heerlike middag en naweek he !!