× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 month ago #100897 by Lia
Hi Cornel, jong as jy moeg is, klim terug in die bed, dit kan jou net goed doen.

Hexy, amper het ek vergeet, geniet die ontbyt !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100896 by Lia
Hi M2K, sterkte jong, hoop AF het toe nie opgedaag deur die nag nie.

Hi Marie, klink darem of jy jou kuier saam met boet baie geniet. Dit klink vreeslik lekker. Geniet jou scan vandag !! Ek sien jy is nou weer af, so dit help seker nie ek gee nou 'n update nie.

Hexy, ek is bly jy voel beter. Die bloeisels is hier darem al oral uit, maar is nog effens koel in die oggende en aande.

AFM: Het vandag weer geen simptome nie, maar ek is seker my regter boob het deur die nag gegroei want ek het vreeslike krampe gekry. Toe ek Saterdag in die bad gesit het, het ek gesien my linker boob is groter as my regter een en hang ook effens meer en vanoggend na al die krampe in die regter een, lyk hulle nou weer dieselfde. Ek glo dis 'n teken dat baba gesond is. Ek tel darem vandag net die ure af tot ons die dr sien. Ek kan nie meer wag nie en ek is oortuig ek gaan goeie nuus kry. Ek is sommer in 'n happy bui vanoggend.

Julle girls moet 'n lieflike dag he !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100894 by Cornel
Goeie more almal!

Jammer ek het nie gister gegroet nie,ons krag het al voor 2 afgegaan en eers na 5 weer aangekom! :S

Ek voel vanoggend vreeslik moeg......dink AF is hier of sy is oppad.... :S

Aan die wat vandag gaan vir scans ~ Geniet dit sommer baie! :woohoo:

Hexy geniet die ontbyt! ;)

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100872 by sexy~hexy
More almal :)

Hoop julle het 'n heerlike aand gehad! Die weer by ons was regtig lekker, ek wou net deure en vensters oopmaak en die lente in die huis laat inkom. Net jammer dit ruik nog nie vir my na lente, lyk my die bloeisels is bietjie laat die jaar.

Hoe voel almal vandag? Reg vir al die scans????? Ons soek fotos en updates ASAP onthou!!!

Ek voel beter vandag...gaan netnou vir ontbyt saam die ander dames in my seksie.

Lekker daggie vir almal :kiss:

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100871 by marie r
Môre girls.

Loer gou vinnig in. Het nie tyd om op te vang nie. My broer is mos al van Dinsdag middag af hier en ons kuier so lekker. Het so baie om op te vang het hom 'n jaar en 'n half laas gesien. So dit is hoekom ek nie kans kry om in te log nie.

Dit gaan nog goed met my en boeta. Gaan mos vandag 10:45 weer gynie toe. Sal darem vir julle kom post wat sê die dr.

Ansa, Anje & Happy geniet julle afsprake ook.

Cornel as ek reg onthou verjaar jou man vandag. Baie geluk met sy verjaarsdag & ek hoop jy bederf hom vreeslik baie vandag.

Girls, wil iemand nie 'n vinnig update vir my gee nie.

Hoop dit gaan nog goed met almal. Jammer dat ek nie rerig tyd het om te chat nie, maar volgende week chat ek weer volstoom.

Lekker dag vir almal, maar ek sal later vanmiddag kom post.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100809 by Kinderelomelo
Hello julle

Nog nie vandag kans gekry om hier te kom chat nie. Hoop dit gaan goed met almal? Ekke hou duime en tone vas dat my Rooikar nie opdaag nie, moes al gister begin maar het nog nie. Het BFN gekry vanoggend. AF nog nie hier nie, sal seker in die nag kom.

tarra

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100799 by Goggatjies
Baai

Aan almal wat gaan vir scans - ons wil die foto's sien

Hexy hoop jy voel beter

Strik - gaan slaap daai moeg af

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account