× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #95495 by Beertjie
Goeiemore almal.

Anika jammer ek sien nou eers van jou seuntjie, hoop hy is beter!

Sexy Heksie, ons het jou gemis verlede week, ek is bly alles gaan goed met die 2ling.

Anje ek is so bly die baba groei so mooi.

Hoe gaan dit met almal vanoggend?

Ek dink ek gaan maar die week na 'n ander huisdokter toe gaan, ek kan nie meer wag tot my dokter eers terug kom nie. Kan julle glo ek het nog nooit sooibrand in my hele lewe gehad nie, WAT IS DIT????

Ek het in die aande meer pyn aan my linker kant onder as aan die ander kant, is dit normaal?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95494 by klippie
Ansa, ek het julle valley se bazaar van nou die dag op Fiesta of Kwêla gesien - kan nou nie mooi onthou nie! Lyk nogal lekker hoor! Staak jy ook nou weer vandag?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95491 by klippie
Okay girls, praat van die duiwel....het gou gaan pieps. AF is hier. Soortvan, het begin spot (iets wat ek nooit doen nie), maar sy is op pad. So, nou kan ek my mirrisyne gaan haal vir die KI. Dr het gesê ek kan haar sms as AF begin, dan werk sy mooi vir my uit wanneer ek moet drink en spuit.

O ja, sy't 'n inwendige sonar gedoen, my lining is baie dun, maar ek dink dis ook die climid se skuld. Dr Google sê ook so en dat dit mens se AF kan laat maak. Ek is nou net vies oor bleddie R120 se HPT's wat ek uitgepee het!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95489 by sexy~hexy
Sjoe Ansa....flippen goeie telling hoor...pasop dat daar nie ook twee by jou sit nie :D

My baarmoeder groei ook...as ek te lank in een posisie gesit het en skuif skielik, dan kry ek so rek-steek pyn wat maak dat ek eers moet vryf :S Nogals ongemaklik hoor!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95487 by Ansa_S
More almal,!

Sjoe ek is bly ons kan weer chat vir 'n slag!

Anje geluk met die 9 weke! Voel soos 'n ewigheid voor ek daar gaan kom!

Klippie is bly jy hou van jou nuwe dokter!

Hexy ek gaan ook vandag bietjie hare sny!

Marie bly om te hoor dit gaan beter met jou verkoue!

AFM: Die wat nog nie gehoor het nie my telling op 4 weke was toe 754! Het vrydag omtrent trek pyne gehad soos baarmoeder seker rek of iets maar was verder stil deur die naweek, behalwe met tye voel dit vir my of ou fiena groei, soos pyn sy met tye!

Sooibrand is nog met my en het 'n vreeslike sinusdrup in die aand en as ek in die oggend opstaan en begin beweeg en dalkies begin hoes, dan moet ek hol vir die toilet, want dan wil ek opgooi maar niks kom uit nie!

O ja ek was vrydag so deurmekaar nadat dokter vir my die telling gegee het dat ek my eerste scan se datum 3 keer moes neerskryf.

Sien dr Roodt 2 Sept!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95485 by sexy~hexy
More almal :)

Klippie geen idee, het jy dit bespreek met die nuwe dokter - dat jy laat is?

Gbaby, ek was briesend oor die bokke, die Kiwis het beslis weggekom met moord, al het die bokke foute gemaak, daai game moes hulle s'n gewees het :angry:

Marie...oooooh Saterdag....nog net 5slapies dan weet julle pienk of blou YAY :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95475 by klippie
More dames! Hoop julle het 'n lekker naweek gehad?

Wel, laat ek gou post oor Vrydag: Die gynie is regtig great - bietjie verstrooid, maar baie snaaks en ek was baie op my gemak. Al die ander personeel is ook baie vriendelik.

Dr het regtig moeite gedoen om alles te verduidelik - ons was 1uur en 15 min by haar, en sy rammel mens nie af soos party dokters nie.
Sy is glad nie gepla oor DH se morfologie nie, sê ons moet ophou stres. Ek het gevra of ons hierdie siklus nog KI kan doen - sy is nie keen nie, maar ek het gesê net hierdie siklus, dan is ons klaar. So ons gaan nou KI doen, en dan "rus" vir 2 maande, maar gedurende daardie 2 maande gaan sy my siklus "monitor".

Die enigste probleem: AF moet Vrydag opgedaag het, ek wag nog steeds. Het al 4 HPT's gedoen - almal BFN. Dink julle dis die Clomid wat my so laat maak?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account