× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #95473 by G Baby
More julle!! Pop net gou in om te groet.
Hoop julle almal het heerlike naweek gehad,dis net jammer dat die bokke verloor het,dit was darem so amper. My man het gaan kyk, en hy het dit dit baie geniet. EK het na kids gekyk aleen die naweek,was nogal bietjie hectic maar nou ja,volgende keer is dit weer my beurt om iewers te gaan.
Hexy,sterkjte met die naarheid en sooibrand. Ek gaan ook woensdag bietjie hare highlight en sny,stel nou al so lank uit. Sien uit.
Lekker daggie en week vir julle almal.
;) ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95472 by Lia
More more dames

Dankie Deja !!

Hi Ankies, wat was fout met William? Hoop hy is nou ok?

Lekker Marie, so julle gaan moontlik die geslag Saterdag kan sien wat opwindend genoeg is, maar dan gaan julle nog 'n familie naweek in George ook he. Jy moet dit baie geniet !! Kom laat weet ons asb as jy weet wat dit is.

Hexy, ek voel vir jou met die naarheid jong.

Hallo Beertjie, ek sal vandag gou vir my pm oortik en stuur oor jou vraag.

Hallo aan al julle ander dames wat nog moet in log !!

AFM: Ok, so my laerugpyn is terug, maar dis meestal terug hier teen bedtyd, so ek het Vrydag en Saterdag aand baie sleg geslaap, maar al my verlore slaap deur die dag opgevang. Het gisteraand ook sleg geslaap, maar darem nie so erg soos die vorige twee aande nie. Ek dink baba het heerlik gister gegroei, want daar was omtrent trek pyne deur die dag (wanneer ek wakker was). So ek glo en vertrou dat baba nogsteeds ok is. Die volgende twee weke gaan lank wees.

BTW: Ek is uiteindelik 9 weke - whoooohoooo.

Julle moet 'n lieflike dag he.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95458 by Moomie Admin
Hallo meisies

Julle is ons besigste thread, so ek pop gou in om julle op hoogte te hou. Die site gaan nogsteeds vandag errors gooi, maar refresh net. Ons kan niks daaraan doen nie, maar die server gaan ons nie vandag weer afsit nie. Sodra ons op ons nuwe server is sal die errors verdwyn.

As julle emails ontvang as iemand 'n nuwe thread maak, sit dit asseblief onder jou profile af. Ons sal julle laat weet as julle dit weer kan aansit.

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95453 by marie r
Môre girls.

Jippee Moomie werk weer. Dit is erg as 'n mens nie kan chat nie. Hoe gaan dit met almal vandag? Hoop darem dit gaan goed.

Ankia, hoe gaan dit met William? Wat is fout met hom?

Sexy ek moet ook weer 'n bietjie gaan kleur en sny. Sal dit maar los vir volgende week, dan lyk ek goed vir ons familie naweek in George.

AFM: Gaan darem al baie beter met my. Dit lyk of ek besig is om ontslae te raak van die verkoue (wil nie te gou praat nie). Ons was maar die hele naweek by die huis gewees. Bietjie in die tuin gewerk en bietjie in die huis gewerk.

Kan nie wag vir Saterdag nie. Gaan mos vir my 4D Scan. Hopenlik kan ons duidelik sien of ons pienk of blou moet koop.

Lekker dag dames, praat so deur die dag met julle.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95450 by sexy~hexy
More almal

YAY Moomie werk weer :)

Ankia...ek sien jy was by die hospitaal met William...hoe gaan dit nou??

Beertjie...jy gaan na www.lilypie.com en maak daar vir jou 'n ticker. By die "get ticker code" kies jy die ubb code, copy dit. Kom terug na Moomie, kliek op Profile onder jou naam. Gaan na update profile, forum, signatures en paste jou kode daar. Jy doen dieselfde met jou foto, daar is 'n plekkie wat se Update Image. Hoop jy kom reg.

Hoe gaan dit met al die ander? Hoe was julle naweek?

Myne was oraait, was weer erg naar en het sooibrand ook gehad :S Het darem Saterdag hare gesny en highlightes ingesit, so voel darem weer soos 'n funky mamma :)

Lekker daggie vir almal...dis weer winter hier!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95442 by Goggatjies
hi beertjie, ek post van my foon af. Ek sit met William by ongevalle. Hy wil nie eet of drink nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #95441 by Beertjie
Ek gaan julle nou 'n dom vraag vra? Hoe post ek fotos en die oulike borders?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account