Thanx vir al die uitnodigings om deel te wees van die groep.
Bietjie agtergrond van my:
Ek is 27, manlief 31, dogtertjie 8 maande (en opvreetbaar oulik). Nou swanger met no.2 wat due is 07/02/2011 (en nee, dit was nie 'n glipsie nie - ons wil ons kiddies naby aan mekaar hê

)
Ek het albei kere "natuurlik" swanger geraak, maar albei kere 6 maande gewag vir my BFP. Dit was 6 maande van hel en dus is ek 'n baie geinteresseerd in mense wat probeer swanger raak ens. Dit hou my dankbaar en my voete op die grond. En ek is mal daaroor dat ek so opreg bly kan voel vir iemand wat ek party kere nog nooit eers mee gechat het nie. Laat my so menslik voel. Ek leer ook elke dag meer en meer van die menslike liggaam en al die medikasies ens en dit is so ongelooflik interessant vir my.
Verder is dit maar die gewone: werk, is 'n mamma en het 'n man. Dus het ek nie plek of tyd vir iets anders in my lewe nie (ek is seker julle verstaan...)
O ja, ek is die stillerige introvert tipe, sal dus meer inloer as chat. Maar sal wel my opinie opper sou ek iets op die hart hê
Julle is 'n great klompie en ek voel baie bevoorreg om deel van julle groepie te kan wees.
THANKS GIRLS