OO julle ek is jammer dat ek julle so pla met my skoonfamilie maar my skoonsussie is flippen vertraag verby!
Ons het altyd ons hare by dieselfde vrou gedoen, die een wat my hare vir die troue gedoen het. Nou ja toe bekak sy en skoonma hul nes daar oor hul groot monde en nou sny hul hare by so mof hier in die dorp! En ai kan hy nou jou hare goed opdons!
Nou het sy een van die meisies wat nuut hier is na hom verwys en haar hare het laas met 'n blou skynsel uitgekom, sy wil nie weer na hom toe gaan nie en vra my by wie doen ek my hare.
Gee haar die nommer en sy maak toe 'n afspraak, sy stap nou hier in my klas in en wil by my hoor wat gaan dit haar kos min of meer om haar hare daar te laat strepies insit en sny, want my liewe skoonsussie het net nou vir haar gese sy moet net onthou as sy haar hare daar doen gaan sy moet bereid wees om baie te betaal, so erg laat klink dat die vrou nou bang is dit gaan haar R1000 kos!
Toe bel ek gou die salon vir haar en vind uit wat dit haar gaan kos, sy se toe maar dis nie naby so duur soos wat my skoonsussie dit uitmaak om te wees nie!
Eenvoudig verby!!!