× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 11 months ago #213646 by Ansa_S
Hallo almal!

Cisca baie geluk hou duime vas dat daardie telling van jou sommer sky high is saterdag!
Julle ander wat wonder of jul dalk swanger is, baie sterkte hou duime vas vir julle.

Julle wat op fertomid is, ek het swanger geraak die eerste keer wat ek op 100mg was, twee vrugsakkies maar net een het gegroei en sit nou met 'n pragtige seuntjie.

EK en manlief wil volgende maand mos begin probeer, maar hy wil he ek moet sommer dadelik dokter toe gaan en vra of ek nie sommer weer fertomid kan drink nie, want hy is bang ek moet weer deur 'n miskraam gaan! Dierbaar van hom, maar ek weet nie of ek nou al lus is vir fertomid nie.

Paisley het my gesms, as ek reg verstaan aan haar sms het sy toe begin vloei en die vruggie dan nou nie verder gegroei het nie!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #213644 by Morgan
Matyks ja daar is altyd n kans vir meer as een babatjie. Maar hier was al n KLOMP girls wat swanger geraak het van fertomid en clomid en nog nie een het multiples gehad nie.

Hexy jy het mos natuurlik swanger geword met die tweeling of was jy op fertomid? skuus kan nou nie so lekker onthou nie.

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #213643 by Morgan
Hi julle

Loer gou in om te sien if klippie al kom post het.

Cicsa wees bly jy het nog nie simptome nie (weet mens wil altyd he, maar wag tot jy dit kry hehe! gewoonlik begin die simptome eers hier by 7 weke inskop) DR sal jou seker op progesteroon sit soos duphaston of so iets. Doen niks skade nie, maak net jou lining lekker dik dat babajie goed kan vasklou.

Maryks welkom hier by ons. EK TTC nie, maar het gesukkel en finally op fertomid swanger geraak na meer as 2 jaar se probeer. Die girls hier is great!

Paisley ek sien nou eers die nuus!!!!!! super WOW!!! enige ander results terug gekry?

Vir almal van julle wat amper amper moet POAS fxfxfxfx al die pad, maar ek sien Cisca gaan n paar preggy buddies he.

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #213642 by Maryks
Hi dames so my senuwees is klaar, ek sit by die dr en wag en dit lyk of dit gaan lank vat, hy is nog nie hier nie.

Ek het Maandag en Dinsdag gegaan vir bloedtoetse en moet nou die uitslae kry dan gaan hy nou vrugbaarheids pille gee. My enigste bekommernis is dat daar n kans is vir meer as een baba, my man is nie baie gelukkig daaroor nie. But don't count you chickens before they hatch .

Ek probeer na al n jaar om weer swanger te raak en het verlede maand kom hulp soek, hoop ek gaan dit kry.

So nou wag ek is spanning om die dr te sien om te hoor of als ok is, ons het insulin, cholestrol en ander goed wat ek nie eers kan onthou nie.

Hold thumbs julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #213637 by Cisca
Ooh Zettie , ek hou stuif duime vas vir jou!!!!

Liz - Kry jy nie newe-effekte as jy die Fertomid in die oggend drink nie? Ek moes altyd myne in die aand drink.

Hexy - Lekker nuwe bakkie :)

Maryks - Welkom !!!

Linda - POAS!!! Ek dink daar broei dalk iets

Nykie & Paisley - Waar is julle???? Hoe gaan dit met julle tellings??

En waar is Jooste??

Klippie - Ek bid vir jou vandag. Laat ons weet hoe dinge gegaan het.

AFM: Nog nie juis simptome nie, net nog bietjie rugpyn. Gynie het my bloods gesien en nou net gebel. Hy wil he ek moet nou weer saterdag bloods doen. Dan gaan hy ook vir my ietsie voorskryf om die swangerskap te ondersteun (omdat ek mos alreeds 'n mc gehad het).
So nou is dit maar net rustig wees en weer saterdag bloods. Ek hoop die telling is sommer lekker hoog dan.

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #213632 by zettie
Goeie more dames.

Maryks welkom hier by ons.


Ek het gisteraand `n gewone streepie hpt gedoen negatief maar dink dit is nog tevroeg daarvoor. Ek is net so neskuurig ek kannie wag nie.

My LH was Maandag laasweek hoog so ek het toe geovuleer dit maak my dan nou
9DPO so is maar nog baie vroeg om tetoets ek het nou 2 digital Clear Blue toetse gekoop gaan more oggend een doen FX fX

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #213606 by Snoekie
Goeie More Dames,
Ruby
Die Gynea het my fertomid verdubbel, want daar het laas maand niks gebeur nie. Ek gebruik dus die maand 100mg per dag vir 5 dae. Ek het vanoggend die eerste dosis geneem. Sterkte met jou tien dae van fertomid!

Klippie,
Sterkte met die ER vandag. Laat weet ons hoe dit gegaan het. Sal bid vir jou dat dit goed sal gaan!

Maryks,
Baie welkom! Hoop jy kuier lekker saam met ons hier en dat jy die ondersteuning en vriendskap hier vind soos ek gevind het, maar in dieselfde asem hoop ek jou kuiertjie is kort en dat jy sommer vinnig jou BFP kry!

Zettie, is jy nie dalk lus om te POAS nie, want lyk my ons is almal nuuskirig vir nog 'n BFP? Nog 'n week se wag??? Sterkte! Bid nog al die pad dat jy die maand jou BFP kry...

Hexy,
Geluk met die Bakkie, sal wag vir foto's.
Hoop jy voel sommer gou weer beter! Sterkte met die Fertomid die maand! Lyk my ons fertomid week hardloop so hand aan hand...

Cisca,
Daai telling van jou lyk sommer mooi, Nou gaan hy net aanhou om die hoogtes in te klim!

AFM,
Soos ek gese het ek is op dag een van Fertomid! Verder het ek geen nuus nie.

Lekker daggie vir almal.
En sommer baie BABY DUST!

Me: 30
DH: 32
TTC: Since August 2010
Sept '11 50mg Fertomid: 1 Follicle BFN
Oct '11 50mg Fertomid: No follicles
Nov '11 100mg Fertomid: No Follicles
Dec '11 150mg Fertomid: No Follicles 46 day cycle
Feb '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
March '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
April '12 Femara and Glucophage: BFP!!!!
21 Jan 2013 Birth of my little girl, Anja.

Jan 2014: Informaly starting to try for nr 2. No Medication... Just enjoying the journey for now.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account