More almal!
Hexy: Jammer oor jou vriendin se miskraam. Dit bly maar net baie sleg -

Ek is darem bly dat jy beter voel vandag. Dalk is dit ook omdat julle sulke lekker weer het. Ek is mal daaroor as dit so effens bewolk en koelerig is! Op die ander forum het die 1 dame se IUI nie realiseer nie, want haar follies het nooit verder gegroei as 7mm nie. Die ander dame het haar IUI gehad (het 2 mature follies gehad) en sy is tans in haar 2ww. Ek en DH het besluit dat ons sal gaan vir IUI as minstens een van hulle 2 met hulle eerste probeerslag 'n BFP kry. Ek weet.....dit is eintlik stupid...maar ons het besluit om dit so soort van as 'n teken te sien. Veral mos nou omdat die FS gese het dat hy nie regtig IUI meer aanbeveel nie, want dit mors onnodig tyd. So...nou met die 1 dame wat nie haar IUI gedoen het nie...is al die aandag op die ander dame. Ons almal hoop so hard dat sy hierdie maand haar BFP gaan kry. Intussen het ek en DH inelkgeval toe weer met die FS gaan gesels toe ek verlede week my follies gaan check het en toe vir hom gese dat ons darem net een IUI wil probeer voor ons Feb gaan IVF. Hy was te vinde daarvoor en het gese dat ons die volgende maand kan doen. Tans is ek sommer maar net weer op Femara en het ek 'n mooi 18mm follie gehad op CD12...en is ek tans in my 2ww.
Ruby:
Ai jong! Ek dink elke keer as ek hoor iemand het 'n BFN...dan krimp my hart net nog 'n bietjie meer inneen. Ek is baie jammer -
Nykie:
Ek is doodseker jou beta gaan nou al stukke hoer wees....ek voorspel....hmmmm....149 as 'n telling!! Dit is darem goed om te hoor dat al het jou DH nie goeie spermtellings nie...het julle nogsteeds sulke pragtige embies gemaak! Dit is mos uitstekend.
Zettie:
Ek trek ook maar altyd by Pathcare. Moet jy weer so baie kere gaan hierdie maand?